''n Sitrusboord vir my kinders'

Okakarara-boer wys hóé op 5 hektaar
Al is dit net 'n jaar voor Arnold Ndjou aftree-ouderdom bereik, sal hy die geld van sy volgende waatlemoen-oes gebruik om in sy kinders se toekoms te belê.
Elvira Hattingh
“Die boord sal vir my kinders se toekoms gaan – en vir my broers en susters se kinders.

“Ek wil eers net een hektaar se sitrusbome plant. Ek moet dus 550 sitrusboompies koop en dit sal sowat N$50 000 kos. Ek sal die geld daarvoor uit my volgende waatlemoen-oes vat.”

Só gesels Arnold Ndjou, ‘n passievolle boer wat sowat drie kilometer voor Okakarara op 'n stuk grond van vyf hektaar (ha) boer. Hy het ook die afgelope Maandag die Sitrus Kwekersvereniging van Namibië (Citrus Namibia) se eerste jaarvergadering op Tsumeb bygewoon.

“Ek is nou 59 jaar oud en die boompies neem mos vyf jaar om te begin produseer, maar hulle word tot 50 jaar oud. Dis vir my kinders en kleinkinders,” sê Ndjou.

Hy is ‘n passievolle en hardwerkende boer wat soveel as wat hy kan oor boerdery leer en die beste van sy stukkie grond probeer maak.

“Op die oomblik het ek aartappels in die grond, wat ek in Augustus gaan oes.

“Die Namibië Akkerbouraad (NAB) sal ook op 26 Augustus ʼn inligtingsessie op my grond aanbied waartydens hulle boere sal bring om te kom leer hoe aartappels geplant, natgemaak en geoes moet word."

Ndjou sê hy en ander groenteprodusente in sy omgewing sukkel om ʼn afset vir hulle produkte te kry.

“Die probleem is die mark. Jy plant jou goed en dan het jy nie ʼn mark nie. Die NAB het wel aangedui hulle sal ons probeer help.

“Daar is baie boere in die omgewing wat so 'n probleem met hul uie, wortels, rooi beet en aartappels het,” sê hy.

Hy is ook bekommerd oor die feit dat dat die markprys bepaal word deur ingevoerde vars produkte, asook boere se winsmarge. “Ek moet werkers betaal, diesel is duur, petrol is duur,” sê hy.

Ndjou sê hy bied tans werk vir vier persone op sy stukkie grond.

Hy het jare gelede sowat 25 ha grond van die Okakarara-dorpsraad ontvang, waarvan hy tans nog vyf oor het.

Ndjou kontak Agri Monitor gereeld met landbou-navrae en is ʼn getroue leser. “Ek was nog nooit in ‘n koerant nie,” vertel hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!