‘n Uitkoms vir Meatco?
LPO optimisties oor nuwe wending
'n Nuwe metode waarvolgens 'n derdeparty produsente se beeste opkoop en Meatco as 'n verslagtingsfasiliteit benut, kan dalk 'n antwoord op dié vleisreus se kontantvloeiprobleme bied.
Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) is optimisties daaroor dat Meatco dalk vanjaar vir die eerste keer in jare sy volle kapasiteit – 80 000 beeste – sal kan slag.
Dit danksy ’n nuwe manier van verslagting, wat behels dat die Nieu-Seelandse maatskappy Global Protein Logistics (GPL) beeste van plaaslike produsente koop, Meatco as verslagtingsfasiliteit gebruik en dan weer die verwerkte bokse vleis opkoop.
Op die manier is die eerste tien vraghouers met vleis reeds deur GPL uitgevoer, met ’n volgende bestelling vir 100 vraghouers.
“Die LPO se grootste prioriteit is om Meatco se deure oop te hou, maar die maatskappy se kontantvloeiprobleme bly ’n groot uitdaging,” het die organisasie se voorsitter, Thinus Pretorius, aan Republikein gesê.
“Die nuwe manier van verslagting, wat ons kontrakverslagting sou kon noem, beteken egter Meatco hoef nie meer bekommerd te wees oor die groot kapitale bedrae wat nodig is om beeste aan te koop nie – dit is in GPL se hande. Dit kom nadat Meatco nie elders met finansiering kon regkom nie.
“Hulle verwag om vanjaar 30 000 beeste te slag, maar ons dink met behulp van dié metodiek kan hulle dalk selfs 80 000 beeste slag. Daar is nog ander rolspelers wat gaan toetree sodat ons Meatco se slagkapasiteit ten volle kan benut – met behulp van eksterne finansiering,” het hy gesê.
Pretorius het terugvoering gegee ná die LPO verlede week hul bestuursvergadering gehou het. Hy sê GPL betaal boere tans N$65 per kilogram, onderhewig aan die vleisgradering en ander uitvoervoorwaardes.
UITKOMS
“Die nuwe manier van verslagting, met GPL in die prentjie, is in die stadium waarskynlik ’n groot uitkoms,” het hy gesê.
Hy het verduidelik GPL is reeds geregistreer om beeste aan Meatco te voorsien, maar daar is ook tans ander verwikkelinge in die mark onder plaaslike entiteite wat dalk ook van die geleentheid gebruik sal wil maak.
“Hierdie model is eintlik reeds vier jaar gelede aan die minister van staatsbeheerde entiteite voorgestel in die vorm van kontrakverslagting. Dit beteken Meatco dien as ’n diensfasiliteit en daar is nie soveel geld nodig om die beeste te koop en die voorrade vir drie tot vier maande te dra nie,” sê Pretorius.
GPL het vantevore hul vleis van Karan Beef in die buurland aangekoop, maar weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika, is die land se toegang tot uitvoermarkte erg geknou. Dit het daartoe gelei dat GPL uitgewyk het Namibië toe.
Pretorius het bygevoeg dat Beefcor sedert verlede Oktober en November uitstekend gevaar het en selfs Meatco se verslagtingsyfers oortref het.
“Hulle slag baie beeste en betaal goeie pryse,” het hy bygevoeg.
Hy het gesê die LPO is ook baie opgewonde oor die ontsluiting van ’n nuwe mark vir Namibiese skape.
“Die Suid-Afrikaanse mark vir skaap is ook onder druk, met die Noord-Kaap wat self weidingstekorte ervaar. Ons is dankbaar dat plaaslike skaap steeds deur die mark geabsorbeer word.
“Vir die LPO is alternatiewe markte egter baie belangrik. Ons is dus opgewonde oor die skaap wat in Mariental by die Farmer’s Meat Market of dan Hartlief geslag en na Noorweë uitgevoer word. Die eerste vraghouers is reeds uitgevoer. Daarteenoor het ons net Suid-Afrika as ’n mark gehad asook die plaaslike mark – maar dié mark het ’n ‘plafon’,” het Pretorius gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie