Namibië voorsien 60% van plaaslike pluimveeverbruik
Ellanie Smit – Die nasionale verbruiksyfer vir pluimvee word geskat op ’n gemiddeld van 3 000 ton per maand, wat neerkom op ’n totale jaarlikse verbruiksyfer van 36 000 ton.
Hieruit voorsien die plaaslike bedryf sowat 1 800 ton per maand, gelykstaande aan 60%, met die tekort van 1 200 ton wat maandeliks ingevoer moet word.
Dit volgens ’n toespraak wat mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming, in die parlement gelewer het.
Hy het gesê die regering het sedert 2013, deur die ministerie, kwantitatiewe beperkings op die invoer van pluimveeprodukte in die land ingestel.
“Die skema het die ontwikkeling van die plaaslike bedryf ondersteun, insluitend die ontwikkeling van klein pluimveeprodusente. Dit in so ’n mate dat klein produsente tot ongeveer 300 produsente landswyd gegroei het, wat die generering van inkomste en werkskepping moontlik maak en bydra tot nasionale voedsel- en voedingsekerheid.”
Schlettwein het gesê verdere kwantitatiewe werk om die huidige plaaslike produksiekapasiteit van pluimvee te bepaal en te monitor en die institusionele kapasiteit te versterk om die kwantitatiewe beperkings af te dwing, bly belangrik vir die toekoms.
Hy het verder uitgebrei oor die pluimveewaardeketting-ontwikkelingskema (PVC OS) wat hoofsaaklik ten doel het om pluimveeprodusente te voorsien van die gesubsidieerde insette en kapasiteitsbou in lyn met die waardeketting vir inkomste-generering en werkskepping om ten einde hul sosioëkonomiese situasie te verbeter.
Hy het gesê ’n subsidie van 60% word op produksievoorraad aangebied, 50% op veeartsenykundige medisyne, 50% op voere en 65% op broeikaste.
“Tans word hierdie skema in al 14 streke van Namibië geïmplementeer met die fokus op gemeenskaplike hervestiging in peri-stedelike- en stedelike gebiede om produksie en produktiwiteit van pluimveeprodusente te verbeter.”
Hierdie program sal voortgaan totdat produsente ten volle toegerus is,” het Schlettwein gesê.
Daarbenewens het hy gesê die voorgestelde wysiging van die Vleisbedryfwet 12 van 1981 om pluimvee as ’n beheerde produk kragtens daardie wet in te sluit, sal pluimveeprodusente beskerm teen invoer en onbillike handelspraktyke en sal verhoogde pluimveeproduksie meebring.
Die kabinet het reeds hierdie hervormingsplan goedgekeur wat nou in die beginstadium van die wetlike opstelproses is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie