FOTO TER ILLUSTRASIE ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE ARGIEF

Namibiërs eet min eiers

Francoise Steynberg
Die eiersektor is een van baie min selfonderhoudende sektore in Namibië, volgens die Pluimvee-produsentevereniging (PPA).

In 2017 het plaaslike eierproduksie op 89,4 miljoen eiers gestaan, dit het egter tot 132 miljoen eiers in 2023 gegroei, wat ’n toename van 48% toon.

“Hierdie syfer kan effens onderskat word met die informele sektor wat nie volledig oorweeg is nie,” het Rene Werner van die PPA tydens ’n opleidingsessie aan die Agri-Women Network gesê.

Plaaslike eierverbruik is slegs 44 eiers per persoon per jaar. Die rede vir die lae verbruik is agterplaasproduksie, ook die afstande na afgeleë landelike gebiede.

Die prys wat die boer kry, is slegs N$1,80 per eier.

Die wêreldwye eiermarkgrootte het die afgelope paar jaar sterk groei getoon. Die wêreldwye eiermarkgrootte is in 2023 op US$270,08 miljard gewaardeer en met ’n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 8,5% kom dit op US$374,89 miljard te staan.

Die gemiddelde wêreldwye verbruik is 161 eiers per persoon per jaar.

China het die hoogste eierverbruik ter wêreld en die Chinese verbruik gemiddeld 400 eiers per persoon per jaar.

Afrikalande verbruik baie min eiers per capita.

Volgens die PPA ondervind die Namibiese eiersektor talle uitdagings.

“Eierpryse is veral in die informele sektor baie onstabiel.”

Die invoer van eiers is ook ’n bedreiging vir die bedryf wat die plaaslike produksiepryse verswak, veral vir klein- en medium ondernemings (SME’s).

“Buurlande is in staat om eiers goedkoper te produseer aangesien hulle laer of gesubsidieerde produksiekoste het. Die aanbod van dagoudkuikens of lêhoenders moet van buite Namibië verkry word,” sê Werner .

“Eierproduksie is ’n intensiewe boerderypraktyk, wat beteken dit is ’n 24/7-bedryf. Die PPA meen ’n klein fout kan die bedryf duur te staan kom en boonop het eiers hoë insetkoste en is ’n klein uitsetproduk.”

Voer vat die grootste hap van tussen 60% en 70% van produksiekoste, asook verpakking. Die res van die koste is vir dienste soos water, elektrisiteit, huur, plaagbeheer en gesondheid.

“Die berekening van die produksieprys sal jou totale uitgawes wees, gedeel deur die eiers wat jy per maand produseer. Dit word gewoonlik op 0,8 eiers per dag per hoender bereken.”

Werner het sy toekomsvooruitsigte gedeel en gemaan die eierbedryf is ’n baie intensiewe bedryf en het dus sy voor- en nadele.

“Eiers is sedert 2023 as ’n beheerde produk in Namibië gelys en val dus onder die mandaat van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte Raad van Namibië (LLPBN). Sodra die heffingregulasies in die Staatskoerant gepubliseer word, sal daar van eier- en braaikuikenprodusente verwag word om heffings te betaal,” het Werner gesê.

“Ek glo daar is nog ’n bietjie groei”, veral in landelike gebiede wat nie deur afleweringsvragmotors bereik word nie.

“Eierproduksie is ’n hoë inset-, lae uitset-produk. Sodra Namibië sy eie kommersiële broeiplaas vestig en grondstowwe vir voer plaaslik geproduseer word, sal ons 'n verskuiwing in die bedryf sien,” het hy afgesluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 1 vs 1 Nottingham Forest | Aston Villa 0 vs 0 Manchester United | Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Deportivo Alaves 0 vs 3 Barcelona | Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Empoli | Bologna 0 vs 0 Parma | Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A