NCA-vleis vir eerste keer uitgevoer
Meer markte dalk teen jaareinde beskikbaar
Meatco het sy planne bekend gemaak om markte in die Midde-Ooste en ander Afrika-lande vir vleisuitvoere noord van die veterinêre kordonheining te ontsluit.
Meatco het onlangs vir die eerste keer sedert onafhanklikwording 14 ton beesvleis vanaf noord van die veterinêre kordonheining na Ghana uitgevoer, wat daarvandaan verder in Wes-Afrika versprei sal word.
Die maatskappy se uitvoerende hoof, mnr. Mwilima Mushokabanji, het verlede week, tydens ʼn besoek van die Angolese visepresident Bonito de Sousa Baltazar Diogo aan die vleisaanleg, aan joernaliste gesê die eerste verskeping van vleis het reeds in Ghana geland, terwyl nog op pad is.
Dit kom vanaf die abattoir op Katima Mulilo.
Hy sê dié is nog ʼn ontwikkelende mark, wat na verwagting eksponensiële groei sal toon. Botswana en Suid-Afrika verkoop ook vleis in die mark en voorlopige studies dui daarop dat kommoditeitspryse in die markte vergelyk kan word met wat in Suid-Afrika betaal word.
Boonop het Meatco reeds oor die afgelope twee maande 108 ton van sy beste vleis uit die noordelike kommunale gebiede (NCA) op markte suid van die kordonheining verkoop, het hy bygevoeg.
“Terugvoering van kliënte wys dat die vraag na die vleis toeneem. Hulle sê vleis van die NCA is meer smaaklik omdat die diere op natuurlike weiding wei.
“Meatco sal voortgaan om hierdie markte te verken en tot sy volle potensiaal te ontwikkel om tot die verbeterde marktoegang van boere in die NCA te kan bydra,” het hy gesê.
OIE-PROTOKOL
Hy het verduidelik ʼn protokol vir kommoditeitsgebaseerde handel word gevolg, soos voorgeskryf deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE), waarvolgens daar veilig handel gedryf kan word met vleis en vleisprodukte uit bek-en-klouseer-gebiede of bek-en-klouseer-beskermingsones.
“Danksy die OIE-protokol kan ons vleis en vleisprodukte uit die NCA na lewensvatbare markte uitvoer.
Hy het bygevoeg Meatco beoog om markte in die Midde-Ooste te ontsluit.
“Onderhandelinge met dié markte is in ʼn gevorderde stadium en sal na verwagting teen die einde van die jaar operasioneel wees. Dit sluit verder markte in Afrika in, soos Suid-Afrika, Angola, Uganda, Tanzanië, Egipte, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC), Kongo Brazzaville en Gaboen,” het hy verduidelik.
Hy meen ook geen tekort bestaan vir bees en die verskaffing daarvan in die NCA nie, maar dat ʼn gebrek aan marktoegang hulle belemmer. Hy sê Meatco kan nie eens al die boere help wat kom toustaan om hul beeste te slag nie.
GEEN TEKORT
Mushokabanji het gesê die gebiede, wat die Zambezi-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes-, Oshikoto-, Omusati-, Oshana- en Kunenestreek insluit, is ryk aan lewende hawe.
“Na raming huisves dit 1,6 miljoen beeste of sowat 64% van die nasionale kudde, wat in totaal na raming sowat 2,5 miljoen stuks groot is,” het hy gesê.
Hy het erken dat produsentepryse verskil wat aan boere noord en suid van die veterinêre kordonheining betaal word, maar dit word deur die beskikbare markte bepaal.
“Produsente noord van die veterinêre kordonheining moet geduldig bly terwyl meer lewensvatbare markte ontwikkel word om dié produsente se pryse met behulp van beter markopbrengste te verbeter.
“Terselfdertyd doen Meatco ʼn beroep op Namibiërs om Namibiese vleis te eet en sodoende die plaaslike waardeketting in die NCA te ondersteun.
Hy het verder gesê die insluiting van die NCA in die Namibiese ekonomie is een van sy sleutelprioriteite onder sy leierskap by Meatco.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie