NCA's: Longsiekte nou in vier streke
Kan tot 50% van kuddes uitwis
Die regering het 'n kwarantyngebied asook verskeie beheermaatreëls afgekondig om die verdere verspreiding van die siekte in die NCA's te probeer voorkom.
Gevalle van aansteeklike longsiekte is reeds in vier streke in die noordelike kommunale gebied (NCA’s) opgemerk sedert die eerste uitbreking daarvan in Mei aangemeld is.
Terselfdertyd het 40 beeste reeds aan die siekte gevrek, terwyl nog 100 siek is.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming se uitvoerende direkteur, me. Ndiyakupi Nghituwamata, het gesê die siekte is intussen reeds op verskeie plekke in Kavango-Wes, Ohangwena, Oshikoto en Omusati gevind.
Die ministerie het ’n kwarantyngebied ingevolge die wet op dieregesondheid afgekondig.
Dit sluit die Kavango-Oosstreek (uitsluitend die gebiede oos van die Shamangorwa-heining vir siektebeheer) in, asook Kavango-Wes, Ohangwena, Oshikoto, Oshana en Kunene (die gebied noord van die veterinêre kordonheining).
Verdere beheermaatreëls sluit in ʼn algehele bewegingsverbod binne en van binne tot buite die kwarantyngebied – dit sluit egter slagbedrywighede uit. Terselfdertyd is talle padblokkades op strategiese plekke opgerig om beheer oor vee se bewegings af te dwing.
DODELIK
Nghituwamata sê die siekte kom hoofsaaklik onder vee en waterbuffels voor.
Sy sê dit word veroorsaak deur ʼn bakterie wat die longe van kwesbare diere aantas.
Longsiekte is bekend daarvoor dat dit tot groot veeverliese kan lei en soveel as 50% van vee kan laat vrek.
Die siekte word versprei wanneer gesonde diere direkte kontak met besmette diere het.
Die uitvoerende direkteur het gewaarsku dat die siekte tot skielike vrektes kan lei, maar meer dikwels chronies raak en tot dierevrektes oor ’n tydperk lei.
Nghituwamata het gesê die siekte kan nie behandel word nie en dat siek diere ’n bron van verdere besmetting vir ander bly. Mense is egter nie vatbaar vir die siekte nie.
VERDERE OPTREDE
Moniteringspanne is intussen na die streke ontplooi om die omvang van die uitbreking te bepaal, terwyl daar voortgegaan word om beeste binne die kwarantyngebiede in te ent. Alle boere is verplig om hul diere vir die inenting te bring.
Die beweging van vee vir direkte verslagting by abattoirs, informele markte, sosiale- en ander doeleindes word toegelaat, mits dit met ’n amptelike bewegingspermit gedoen word en binne 72 uur geslag word – onder die toesig van veeartsenydienste.
Die beeste mag egter geensins in nabye kontak met ander vee kom, wat nie ook vir verslagting geoormerk is nie, sodat die siekte nie verder versprei nie.
Die beweging van beeste, insluitend hul karkasse en ander produkte, maar nie die longe nie, mag binne en na buite die kwarantyngebiede beweeg.
Die ministerie het gemaan dat longe met letsels dadelik vernietig moet word.
Tekens van longsiekte sluit in hoes en nasale uitskeidings, pynvolle, vinnige asemhaling, ’n swak liggaamskondisie – en in baie ernstige gevalle, vrek die dier ná een tot drie weke.
Tydens nadoodse ondersoeke word daar dikwels ’n groot aantal geel vloeistof in die borskas en in die omgewing van die longe gevind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie