NLU deel landboutoekennings uit

Die Namibië Landbou-unie (NLU) het gister tydens sy kongres in Windhoek toekennings vir onder meer die gemeenskapsprojek van die jaar, die landbouvrou van die jaar asook die mediapersoonlikheid van die jaar oorhandig.

Die eersgenoemde toekenning is gemaak aan Jörg en Michelle Gaugler van die plaas Dabis naby Helmeringhausen vir hul private projek, House of Hope Foundation.

Deur die Gauglers se projek word borge gekry om vir behoeftige mense netjiese sementhuise te bou. Die huiseienaars betaal self ook ‘n klein bedrag vir die huis, iets wat Gaugler voel nodig is, sodat hulle die nodige waardering vir die eiendom sal hê. Hulle het vanjaar reeds 18 huise gebou. Die mikpunt is om teen die einde van die jaar altesaam 22 huise te bou, het hy gesê.

Malinda Steyn, wat saam met haar man by Karasburg boer, is as die NLU se landbouvrou van die jaar aangewys. Buiten dat sy self boer, is sy ook ‘n boer se vrou. Sy is ook betrokke by haar plaaslike boerevereniging, die plaaslike vrouevereniging, die kerk, by droogtehulpprojekte asook by die verskillende telersgenootskappe waar hul stoetdiere geregistreer is.

By haar op die foto is die NLU se president, Piet Gouws (links) en regs van haar is Old Mutual se Hilia Nghidishange en Simeon Shiimi.

Republikein se landboujoernalis, Elvira Hattingh, is as die NLU se mediapersoonlikheid van die jaar aangewys. Hattingh het haar in haar loopbaan by Republikein onderskei as 'n uitstekende landbouskrywer. Sy is reeds vir langer as 'n jaar permanent op Grootfontein woonagtig, van waar sy gereeld landboudae bywoon, plase besoek en indiepte oor landboukwessies berig. Sy is ook die dryfveer agter Republikein se Agri Monitor-blad op Facebook.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!