Die aangewese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, was in Junie die gasspreker by die NLU Agribraai op Gobabis. Hier het die NLU-president, Thinus Pretorius, en die bestuur haar tydens die amptelike opening verwelkom. Foto argief
Die aangewese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, was in Junie die gasspreker by die NLU Agribraai op Gobabis. Hier het die NLU-president, Thinus Pretorius, en die bestuur haar tydens die amptelike opening verwelkom. Foto argief

NLU wens vir 'n sopnat 2025

Lusern mag weer ingevoer word
Hoogtepunte van die jaar sluit hegter verhoudings met rolspelers in.
Francoise Steynberg
Die bestuur van die Namibië Landbou-unie (NLU) het die voorreg gehad om vanjaar deur die land te reis en boere in hul omgewings te besoek – van die diep Suide tot verre Noorde.

Die president van die NLU, Thinus Pretorius, het in sy feestydboodskap gesê tydens hierdie besoeke het die NLU ’n goeie beeld gekry van wat in die land aangaan.

"Dit was beslis nie ‘n maklike jaar nie. As ons dink aan hoe ons vir die droogte moes beplan, gepaardgaande met ander uitdagings soos om ruvoer uit Suid-Afrika in te voer en markte oop te hou, kan ons dankbaar wees dat Meatco vanjaar na die tafel gekom het. Produsente het beter pryse in Namibië as in Suid-Afrika gekry," het Pretorius in sy Kersboodskap gesê.

Intussen het die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en grondhervorming Dinsdag die goeie nuus aan veeboere gebring dat lusern en hooi weer van Suid-Afrika as veevoer ingevoer mag word.

Volgens hom sluit die hoogtepunte van 2024 sterker verhoudings met rolspelers in: "As ’n bedingingsorganisasie vir sy lede, is verhoudings vir die NLU belangrik. Dit wat die NLU met die aangewese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, kon opbou, was een van twee wat hierdie jaar uitgestaan het. Die NLU het haar beter leer ken en ’n waardevolle brug begin bou," het Pretorius benadruk.

Nandi-Ndaitwah het in Junie die NLU Agribraai op Gobabis as die gasspreker bygewoon en is hartlik deur boere verwelkom.

Die tweede uitstaande verhouding volgens Pretorius is die een tussen die NLU en die ander drie landbou-unies en is in 2024 met wedersydse respek en vertroue versterk.

"Ek hoop geliefdes is hierdie feestyd veilig bymekaar. Geniet die welverdiende ruskans. Mag 2025 ’n nat jaar wees waarvoor tekens baie belowend lyk. Mag almal genoeg hê van dit wat hulle soek en mag Namibiërs die vrede wat die afgelope drie dekades ervaar is, net verder neem," is Pretorius se wens.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!