Nuwe reëls vir hervestiging
Kabinet aanvaar nuwe riglyne ná drie dekades
'n Nuwe aspek van die beleid is die vermoë om wildplase te vestig en te bestuur, maar slegs in die hoë- en medium-ekonomiese waardekategorieë.
Die nuwe vestigingsbeleidsriglyne vir 2023 tot 2033, wat die kabinet onlangs goedgekeur het, is nou in die Staatskoerant gepubliseer.
Dit is in drie kategorieë verdeel en die moontlikheid om wildplase te bestuur is ’n nuwe aspek wat ingesluit is.
Die nuwe riglyne vervang nou die eerste nasionale hervestigingsbeleid van 2001, wat eers 11 jaar ná Namibië se onafhanklikwording aanvaar is.
“Dit word as ondoeltreffend beskou aangesien dit nie die kwessie van billike grondherverdeling oorweeg nie, veral in die afwesigheid van verifiëringsmeganismes,” lui die nuwe dokument.
Die nuut hersiene nasionale hervestigingsbeleid van 2023 maak voorsiening vir hoë-, medium- en lae ekonomiese waardebestuursmodelle. Die minimum ouderdom vir voorheen benadeelde Namibiërs om aansoek om hervestiging te doen is 18 jaar en daar is geen maksimum ouderdom nie. Persone ouer as 75 jaar kan ook aansoeke indien.
Daar is geen minimumgrootte-vereiste vir plaasonderverdelings nie aangesien dit afhang van die grondgebruikvereistes.
“Die voorkeurgrootte is 7 000 hektaar. Die agro-ekologiese sone sal egter die toepaslike grootte hiervoor bepaal,” lui die dokument.
Aansoekers vir die eerste kategorie moet bewyse kan lewer dat hulle toegang tot voldoende hulpbronne het of kapitaal ter waarde van minstens N$500 000 of meer per jaar kan verskaf. Hulle moet ook ondervinding in die landboubedryf hê.
Aansoekers in die eerste kategorie moet afstand doen van alle landbougrondregte wat elders gehou word. Dieselfde vereistes geld vir die kategorie van die middelwaarde-ekonomiese boerderymodel.
Die derde kategorie fokus op die sosiopolitieke aspek van grondhervorming, aangesien dit grondlose burgers teiken wat nie op gemeenskaplike grond boer of private grond besit nie.
Begunstigdes is diegene met min of geen toegang tot kapitaal soos banklenings, kontant of vee. Dit sluit ook mense in wat min of geen inkomste het nie, soos die San.
WILDPLASE
’n Nuwe kenmerk van die beleid is die vermoë om wildplase met fotografiese en trofeejagtoerisme te vestig en te bestuur, maar slegs in die hoë- en medium-ekonomiese waardekategorieë.
“Wildplase het ’n gemiddelde grootte van 5 000 hektaar en is omring deur wildwerende heinings. Volgens die Natuurbewaringswet van 1975 word enige plaas met ’n minimum grootte van 1 000 hektaar egter toegelaat en word dit as ’n wildplaas beskou,” luidens die dokument.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie