Oesfees vier môre halfeeu
Karstveld oortref eie oesverwagting vér
Die Grootfontein Boerevereniging vier vanjaar 'n rekordoes wat alle verwagtinge oortref het, met mnr. Attie Nel wat as die Oeskoning aangewys is.
Die Grootfontein Boerevereniging bied vanjaar sy 50ste Oesfees aan en gaan groter as ooit, met verskeie sprekers, uitstallers en aktiwiteite, soos ’n Farmer’s fit-kompetisie en ’n skietdag wat deel van die program vorm.
Dit midde ’n jaar waar die Karstveld-gebied sy eie oesverwagting van sowat 39 000 ton oortref het toe meer as 50 000 ton mielies geoes is.
Dit het egter “gesukkel” om by dié mylpaalgeleentheid uit te kom, gesels Johan Enslin, voorsitter van die boerevereniging.
“Daar was mos nou eers twee jaar lank Covid. Ons sou reeds in 2020 die 50ste Oesfees gehou het.
“Ons wil dit graag ’n groot en lekker Oesfees maak en ons nooi almal uit om dit by te woon. Dit is net vir ’n dag, op Saterdag 3 September, op Grootfontein se skougronde,” het Enslin gesê.
“Ons gaan ’n klomp stalletjies hê en daar gaan ’n lekker skietdag wees – nie ’n veldskietdag nie, maar ’n .22 presisie-skietdag – en dan is daar ook kleiduifskiet en ’n program vir die vroue en kinders.
“Ons het vanjaar ook iets heeltemal nuuts: Dis amper soos ’n Crossfit-geleentheid, maar dit moes vir die boere aangepas word. Ons noem dit dus ’n Farmer’s fit. Ons gaan kyk hoe sterk die boere en hul seuns is,” vertel hy.
Later die dag sal ’n prysuitdeling gehou word.
“’n Spreker van Feedmaster gaan besoekers toespreek oor kuilvoer, en ons het ook goeie sprekers van Santam hier,” het hy gesê.
“Ons gaan ook ’n Mej. Oesfees kies, dan gaan ons lekker braai en dans. Ons gaan die goeie oes vier,” het hy gesê.
Enslin verduidelik die fees word vanjaar op die skougronde aangebied en nie soos ouder gewoonte op die wenner se plaas nie.
“Ons wou graag die 50ste Oesfees op die wenner se plaas gehou het, maar sy plaas is bietjie moeilik geleë. Ons het ook al die nodige fasiliteite hier by die boerevereniging se saal op die skouterrein beskikbaar,” het hy gesê.
OESKONING
Die akkerbouer Attie Nel is vanjaar as die Oeskoning aangewys.
“Klink my sy seun, Adriaan, is die planter en Attie is die man met die insig en wysheid. Hulle is 20 km buite Tsumeb op die plaas Algier op die Abenab-pad geleë. Hy het in 1993 met beeste begin boer en intussen ook transport gedoen.
“Hy het in 2021 begin om mielies te plant, hierdie is dus sy tweede jaar. Wat ’n prestasie! Om in jou tweede jaar as Oeskoning aangewys te word – dit wil gedoen wees,” het Enslin gesê.
“Hy sê dit was baie genade van bo en goeie reën – alles het reg geloop, maar dis ’n man wat sy werk doen en weet wat hy doen,” sê Enslin.
Enslin sê die bekende akkerbouer Gerhard Engelbrecht verteenwoordig hul boerevereniging se akkerbouers.
“As ek na hom luister, het ons ’n gemiddelde tot bogemiddelde oes gehad.”
WYER OMGEWING
Enslin sê vanjaar se oes het alle verwagtinge oortref.
Die Karstveld-gebied het geskat hulle gaan sowat 39 000 ton afhaal en het op die ou einde meer as 50 000 geoes.
“Die nasionale oesskatting was ook sowat 95 000 ton en meer as 100 000 ton is geoes – ek verstaan dit is ’n rekordoes vir Namibië.”
Enslin sê in sy omgewing het boere baie goed gevaar en die meeste is baie tevrede met hul oeste.
“Dit kon seker beter op party plekke gegaan het. Ek weet sommige het te laat geplant en ander sukkel tans om die oeste weg te kry omdat die meulens vol is.
“As die meulens nou die manne betaal, dink ek daar is ’n klomp geld en dan gaan almal wil plant,” skerts Enslin.
“Almal wat nie geplant het nie, hoor nou van die goeie oes en volgende jaar wil hulle ook plant.”
Enslin sê hulle glo ’n goeie reënjaar is weer op pad.
“Ek sal altyd vertrou ons gaan goeie reën kry,” het hy gesê.
“Ek sal sê, kom ons probeer weer, dit kan weer ’n goeie jaar wees met al die genade van bo.”
LANG PAD
“Die Oesfees kom al ’n baie lang pad en dit is geskep om die Oeskoning geluk te wens,” het Enslin verduidelik.
Hy sê in die jare waar ’n grensoorlog en epidemies uitgebreek het, het dit nie plaasgevind nie.
“Die fees het wel sommige jare plaasgevind, maar sonder dat ’n Oeskoning aangewys is. Die oeste was dié jare te swak of daar was geen oeste weens onder meer droogtes nie.”
Hy sê die Grootfontein Boerevereniging is in 1908 gestig. Tans het dit sowat 60 geregistreerde lede – die meeste van hulle boer met beeste, terwyl talle ook akkerbouers is.
“Die vallei lê mos hier buite Grootfontein rondom die meteoriet. Sommige van ons lede is buite die vallei, nader aan Tsumeb,” vertel Enslin.
“Die boerevereniging se lede het vroeg reeds begin meeding oor wie hoeveel geoes het. Aanvanklik is akkerbouers se totale oes getel, en dan is die Oeskoning gekies.
“Later was dit nie meer moontlik om dié kriteria te gebruik nie – want een ou plant 100 ha en die volgende plant 20 ha. Die kriteria het dus heeltemal verander en ons het met oesskattings begin werk,” het hy gesê.
Enslin verduidelik dit behels dat die boer se beste land gevat word, rye word uitgemerk en die mieliekoppe getel, skoongemaak en geweeg en ’n oesskatting word gemaak.
Ongeag of die boer in breër of nouer rye geplant het, word alles volgens formules bereken om ’n oesskatting van tonne per hektaar te bepaal.
Enslin sê die boerevereniging het altyd op die fees aangekondig wie die jaar se Oeskoning is en om die sukses te vier, is ’n braai en dans gewoonlik saam met dit gehou.
“Almal wil net die dag vier ná ’n goeie oes – nie net vir die Oeskoning nie, maar ook vir die hele boerderygemeenskap wat akkerbou beoefen.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie