Omstrede melkplaas tans in die mark

Regering het N$141 miljoen in projek belê
Kenya Kambowe
Die regering het uiteindelik besluit om die onvoltooide Uvhungu Vhungu-melkplaas, waarin N$141 miljoen belê is en wat vir baie jare stilgestaan ​​het sedert bouwerk sowat 10 jaar gelede begin het, as verhuurbaar te adverteer.

Die melkplaas, wat oor die jare as 'n wit olifant bestempel is, bly tot dusver in onbruik, alhoewel konstruksie in 2012 begin het.

Dit blyk egter die regering het uiteindelik besluit om die Uvhungu Vhungu-kwessie aan te roer nadat 'n advertensie in 'n plaaslike dagblad verskyn het waarin die ministerie van landbou, water en grondhervorming potensiële bieërs aanmoedig om vir die ontwerp, bou, verhuring en bedryf van dié melkplaas te bie.

Hierdie verwikkeling kom jare nadat verskeie leiers hul misnoë uitgespreek het oor die onvoltooide melkplaas aan die buitewyke van Rundu in die Kavango-Oosstreek.

Mnr. McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM), was vroeër vanjaar ontstig deur die stand van sake by dié groenskema, wat hy as 'n "gemors" beskryf het.

Venaani het 'n openbare-private-vennootskap voorgestel as moontlike oplossing vir die haakplekke in die projek, wat 30 tot 40 werksgeleenthede kan skep.

Die opgradering van die Uvhungu Vhungu-melkplaas is tydens oudpresident Hifikepunye Pohamba se ampstermyn van stapel gestuur en was daarop gemik om werksgeleenthede en ekonomiese voordele vir plaaslike inwoners te skep.

Die regering se N$141 miljoen-belegging in die projek het nog geen vrugte afgewerp nie, met sommige inwoners wat dit ‘n “vergesogte droom” noem.

In 2014 het Pohamba die plaas besoek, terwyl die huidige visepresident Nangolo Mbumba in 2019 besoek afgelê het. Die projek gaan egter steeds agteruit wat infrastruktuur betref.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!