Ondergemiddelde reën vir graangebiede verwag

Bloedige warm weer voorspel
Sou reën nie in die volgende weke in die opvangsgebied van die Hardapdam val nie, sal besproeiing net tot Maart/April uit die dam gedoen kan word.
Henriette Lamprecht
Ellanie Smit – Kanse vir ondergemiddelde reënval kan in Februarie oor Namibië se graanproduserende gebiede voorkom, terwyl baie hoë temperature vir Februarie en Maart voorspel word.

Redelike goeie neerslae van meer as 20 mm is moontlik oor die droëlandgebiede in die noorde van die land, met min reën wat in die volgende paar weke vir die Hardapstreek voorspel word.

Dit volgens die klimaatverslag vir graangebiede in Namibië deur die onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg.

Boere is reeds bekommerd oor die Hardapdam wat net 18% vol is. Sou reën nie in die volgende weke in die opvangsgebied val nie, sal besproeiing net tot Maart/April uit die dam gedoen kan word.

Van den Berg sê El Niño het sy hoogtepunt in Desember 2023 bereik en beweeg tans sywaarts. Reënvaltoestande in baie gebiede in Suider-Afrika is dié somer beter as wat verwag is ten spyte van El Niño-toestande.

“Daar is egter ’n groot waarskynlikheid dat droër toestande kan terugkeer en in die laaste gedeelte van Januarie tot Maart kan voorkom,” het hy gesê.

Volgens hom kan tropiese depressies en siklone in die Indiese Oseaan ook nou ’n rol begin speel en kan droër toestande oor die sentrale tot westelike dele van suidelike Afrika, insluitend Namibië, voorkom.

“Die ontwikkeling van La Niña-toestande wat die huidige El Niño vanaf die winter van 2024 tot 2025 kan volg, lyk redelik goed. Dit kan positief wees vir gemiddelde tot bogemiddelde reënval vir die somer van 2024-’25.”

In die Mieliedriehoek by Grootfontein, Otavi en Tsumeb word slegs ligte neerslae vir die res van Januarie voorspel, met maksimum temperature wat sal wissel tussen 26 °C en 34 °C. Dieselfde geld vir die Hochfeld-gebied, sowel as die Hardapstreek. In laasgenoemde streek sal bloedige warm toestande heers, wat sal wissel tussen 34 °C en 40 °C vir ten minste die volgende drie weke.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!