Oplewing in Gobabis en Grootfontein se beesskoue

Tanja Bause
By die Gobabis Skou wat Saterdag klaargemaak het, was daar vanjaar 22 uitstallers met 112 diere van ses rasse.

Me. Corrie Britz, sameroeper van die beesafdeling by die Gobabis Skou, sê: “Ons het vanjaar 85 Brahmaanbeeste op die skou gehad – wat heelwat meer as die vorige jare se minder as 20 is. Ek dink dis te danke aan die Brahmaan-kampioenskap wat vanjaar by die Windhoek Skou gehou sal word.”

Britz sê die vertoners het baie moeite gedoen om die beeste in ’n goeie kondisie te kry en daar was goeie gehalte beeste uitgestal.

Die Brahmaanbul Billions van die Wolle Brahmaanstoet is by die Gobabis Skou as die kampioen van kampioene aangewys. Hy is ook as die kampioen in die kategorie vir dubbeldoelrasse , die raskampioen en senior kampioen bekroon.

Die Select Cow, of Superkoei, is Ibenstein Savannah, wat aan René Krafft behoort.

• Die Grootfontein Skou het Vrydag tot ’n einde gekom. Altesame 115 stoetdiere van sewe rasse is vanjaar ingeskryf. Daar was 14 stoete verteenwoordig deur nege eienaars wat deelgeneem het.

Die bul Günzel Lagos uit die Kaspar Günzel Simmentalerstoet is vanjaar op die Grootfontein Skou as die kampioen van kampioene aangewys. Hy is ook as die kampioen in die kategorie vir dubbeldoelrasse aangewys.

Günzel Lagos is ook die raskampioen, terwyl die Simmentaler raskampioenkoei ook aan Günzel behoort het.

Die Select Cow, of Superkoei, is Rumba Hemie wat aan Hardus Breedt behoort. Sy is 10 jaar oud en het reeds nege kalwers gehad.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!