PAS IN: Savanna: Beesprodusente belê fluks
Beesprodusente het teen verlede week Vrydag ‘n verdere N$3,692 miljoen in Savanna Beef Processors (SBP) belê – beide uit die beursies van bestaande en nuwe aandeelhouers.
Dit bring die totale bedrag wat produsente tot dusver belê het op meer as N$177 miljoen te staan.
Dit kom terwyl SBP Vrydag 14 Julie ‘n derde beleggingsrondte vir Namibiese beesprodusente geopen het, met die aanvanklike mikpunt om die orige N$26,432 miljoen in te samel. Dit, sodat beesboere se beleggings eindelik op N$200 miljoen kan staan.
Volgens ‘n verklaring wat deur die SBP-besturende komitee uitgereik is, blyk dit dat beesprodusente gretig is om te belê en word ‘n stormloop vir die geleentheid teen 23 Augustus verwag, wanneer SBP ook sy jaarvergadering sal hê.
Die komitee het beesboere daaraan herinner dat diegene wat eerste aansoek doen, eerste die geleentheid sal ontvang om te belê. Beleggers sal voordeel geniet as dit by slagbeurte kom en ‘n 3% premie op die prys van die dag ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie