#PasIn: 5 480 baat by hervestigingsprogram

Ellanie Smit
Die regering besit sowat 3,5 miljoen hektaar vrye landbougrond wat teen meer as N$2,4 miljard bekom is. Volgens die hervestigingsministerie bring dit die totaal op 494 kommersiële plase te staan wat teen Julie vanjaar deur die hervestigingsprogram aan sowat 5 480 begunstigdes toegeken is. Van hierdie begunstigdes is 2 211 mans en 1 514 vroue. Die streke met die meeste begunstigdes is Oshikoto (1 493), Omaheke (1 400) en Kunene (1 040). Erongo het die minste begunstigdes op 193.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer