No Image Caption

#PasIn: Boere moet voorberei op weidingstekorte

Elvira Hattingh
Die weidingspesialis dr. Cornelis van der Waal raai boere aan om opnames te maak van hoeveel weiding en vee hulle het en die nodige aanpassings te maak.

Dit omdat die huidige reënseisoen binnekort tot ‘n einde kom en oor die algemeen ondergemiddeld presteer het.

Van der Waal sê satellietdata deur Namibia Rangelands toon dat plantegroei oor die grootste dele van Namibië in Maart agteruitgang getoon het. Die beskikbare weiding in gebiede soos die Hardap-, ||Kharas-, suidelike Omaheke-, Oshana-, die groter Erongo- en groot dele van die Kunene- asook die Omusatistreek is tans ver ondergemiddeld.

Die res van die land ervaar tans normale tot ietwat ondergemiddelde plantegroei.

Hy sê oor die algemeen is die suidelike, sentrale en westelike dele van die land die ergste geraak. “In baie van die gebiede het droë toestande die hele reënseisoen lank bly heers, wat beteken daar het min weiding gegroei,” het hy bygevoeg.

Hy sê dit is noodsaaklik dat boere nou daarop fokus om weidingstekorte tydens die komende reënseisoen te voorkom. Nog moontlike bestuursopsies sluit in om boskos te maak of bykomende voeding of weiding te kry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!