No Image Caption

#PasIn: Meatco kry tydelike raad

Elvira Hattingh
Die ministerie van finansies en en openbare ondernemings het pas die aanstelling van ‘n tydelike raad vir Meatco aangekondig.

Die nuutaangestelde raad sal vir ses maande vanaf vandag aan die stuur van sake wees.

Volgens die mediaverklaring bestaan die raad uit mnr. Sakaria Nghikembua as voorsitter, met me. Barbara Dreyer as ondervoorsitter. Ander lede op die raad is mnre. Joseph Andreas, Adolf Muremi, Cyprianus Khaiseb, Kuniberth Shamathe, Martin Hilbert, Paterson Tjipuea, Mbakumua Hengari en mee. Anne-Dorris Hans-Kaumbi en Meriam Nghixulifwa.

“Die nuut aangestelde lede bied ‘n magdom ervaring en kennis om Meatco die toekoms in te stuur,” het die ministeriële woordvoerder Wilson Shikoto gesê.

Hy het gesê die aanstelling van die tydelike raad dui op die regering se toewyding daartoe om ‘n verskeidenheid talente en perspektiewe na die leierskapspan van die openbare entiteit te bring. “Dit met die fokus op innovering, die aankweek van volhoubare praktyke terwyl die hoogste standaarde vir gehalte gehandhaaf word,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!