#PasIn: Opwindende landboudae op pad
Sowat 254 stuks wild sal hierdie naweek, op 14 en 15 April, tydens die Kalkfeld Agri Mega Day opgeveil word. Dit sluit in skaarser wildsoorte soos twee renosters, Damara dik-dik bokkies, alpacas, bosbokke, swartwitpense asook swart wildebeeste.
Tydens die landboudag, wat op die plaas Klein Otjikango Ost op die pad tussen Outjo en Kalkfeld plaasvind, sal daar ook ‘n perde-uithourit, ‘n familiedag en uitstalling van vee, verskeie uitstallings en demonstrasies aangebied word.
Dit is een van vele landboudae wat tot einde Mei in Namibië aangebied sal word. Op 4 Mei word daar ook 'n pretdag met perde op die Grootfontein Skougronde aangebied. Skou rylesse en -voorbereidings asook lesse in boeresport is op die program, terwyl daar 'n potjiekoskompetisie, kontantkroeg en prettige aktiwiteite vir kinders sal wees.
Op 12 Mei om 11:00 word die gewilde Hartebeestloop-veiling in die Stampriet-omgewing aangebied, terwyl die Grootfontein Skouvereniging tussen 24 en 26 Mei die AgriXtra-landboudag aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie