#PasIn: Saga Furs hou eerste swakara-veiling in Junie

Elvira Hattingh
Plaaslike swakara-produsente sal in Junie vanjaar vir die eerste keer hul pelse by Saga Furs opveil – ‘n nuwe internasionale agent, met sy hoofkwartiere in Finland.

Dit kom ná die ineenstorting van die mark vir nertspelse laat in 2020 en die gevolglike likwidasie van Kopenhagen Fur, wat tot dusver die agent vir Namibiese swakara-pelse was. Dit het swakara genoop om ‘n ander internasionale agent vir die verkope van pelse te vind.

Swakara pelse uit Namibië sal na verwagting reeds teen die einde van April na Saga Furs gestuur word vir die veiling wat op 8 Junie gehou word.

Saga Furs het glo ‘n aanduiding aan Namibiese produsente gegee hulle verwag die internasionale pelsbedryf beter sal vaar as wat hulle in hul onlangse vooruitskatting voorsien het.

“Die mark het redelik beweging begin toon ná China sy Covid-maatreëls begin verslap het, met aanlynverkope wat oor die algemeen goed gedoen het,” is produsente meegedeel.

Tog oefen die konflik tussen Rusland en Oekraïne ‘n negatiewe invloed op die mark uit. Voornemende kopers glo egter die mark vir pelstipes, buiten nerts (mink) en Blue Fox, potensiaal inhou.

Kopenhagen Fur het in Desember 2020 aangekondig dat dit sy bates oor 24 maande sou likwideer. Dit het gebeur nadat die Deense regering opdrag vir ‘n massa-uitwissing van nertse gegee het na‘n mutasie van die coronavirus onder hulle waargeneem is. Die opveil van nertspelse is sentraal tot Kopenhagen Fur en Dene was die wêreld se grootste nertsprodusent.

Die maatskappy was 90 jaar oud.

Swak verkope van swakara-pelse oor die afgelope jare, oor onder meer die Covid-pandemie en daarna die konflik in Oekraine, het daartoe gelei dat talle plaaslike swakara-produsente hul lammers vir die vleismark grootgemaak het om ‘n inkomste uit hulle te kon verdien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!