#PasIn: Slegs vyf groentes op 'invoer-groenlys'
Vandeesmaand sal Namibië se grense slegs oopgestel word vir die invoer van wortels, pampoen, waatlemoen, spanspek en spinasie.
Omdat daar plaaslik genoeg van die beheerde groentesoorte plaaslik beskikbaar is, het die Namibiese Akkerbouraad (NAB) vroeër vandeesweek die grense gesluit vir die invoer van elf groente- en vrugtesoorte, wat insluit Engelse komkommer, botterskorsie, uie en kool.
Groentes soos beet, konfyttamaties, patats en blaarslaai sal op pro-rata basis ingevoer kan word.
Dit is ingevolge die akkerboubedryfswet asook die markaandeel promosieskema (MPS), waarvan die doel is om eerste die beskikbare plaaslike produksie te benut voor invoere toegelaat word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie