Foto: Argief
Foto: Argief

#PasIn: Toenemende risiko van honger versprei

Ellanie Smit
Akute voedselonsekerheid is volgens 'n nuwe vroeë waarskuwingsverslag van die Verenigde Nasies geneig om moontlik in omvang en ernstigheid toe te neem. Die verslag toon dat die verdieping van ekonomiese skokke lae- en middelinkomste-lande dieper in 'n krisis dryf en waarsku dat 'n waarskynlike El Niño-klimaatverskynsel vrese vir klimaatuiterstes in kwesbare lande regoor die wêreld aanwakker. Die verslag bevind ook dat baie hoërisikogebiede toenemende hongerkrisisse in die gesig staar en beklemtoon die kommerwekkende vermenigvuldiger-effek wat gelyktydige en oorvleuelende skokke op akute voedselonsekerheid het. Konflik, klimaatuiterstes en ekonomiese skokke dryf steeds meer gemeenskappe in 'n krisis.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer