Die veldbrand wat Donderdag op Osire Kari ontstaan het, is Vrydag onder beheer gebring, maar eers nadat groot skade op private plase in die omgewing aangerig is. Foto Verskaf
Die veldbrand wat Donderdag op Osire Kari ontstaan het, is Vrydag onder beheer gebring, maar eers nadat groot skade op private plase in die omgewing aangerig is. Foto Verskaf

Plaas brand wéér af ná skietoefening

Weermag dok voorheen N$500 000 op vir skade op Otjisazu
Plaaseienaars inj die omgewing van Osire Kari het opnuut weiveld verloor nadat die weermag tydens skietoefeninge 'n veldbrand veroorsaak het.
Ronelle Rademeyer
Die wild- en gasteplaas Otjisazu naby Okahandja het Donderdag wéér grootlik afgebrand toe ’n veldbrand ontstaan het terwyl die weermag besig was met skietoefeninge by Oseri Kari buite dié dorp.

Dit is die soveelste keer die afgelope jare wat skietoefeninge by Oseri-Kari tot veldbrande lei, sê dr. Hartmut Weimann, eienaar van Otjisazu.

Hy sê sowat 80 persent van die weiveld op sy plaas is vernietig toe die veldbrand Donderdag daarheen versprei het.

Verskeie wildsoorte soos kameelperde, elande, waterbokke en swartwitpense kom op die plaas voor.

Weimann het in 2016 ’n eis van sowat N$8,8 miljoen teen die weermag ingestel vir die skade wat hy gely het nadat ’n veldbrand op 24 Oktober 2014 tydens skietoefeninge op Osire-Kari ontstaan het en sy plaas ook grootliks afgebrand het.

“Die saak is later buite die hof geskik vir vir veel minder en die weermag het in 2018 die bedragh van N$557 594 aan ons uitbetaal. Dit het net die skade gedek aan die grensheining gedek,” het sy lewensmaat, me. Elke Eggers, gister aan Republikein gesê.

Kol. Petrus Shilumbu, woordvoerder van die weermag, het by navraag bevestig die veldbrand het ontstaan toe die skietoefeninge met masjiengewere en lewendige ammunisie uitgevoer is.

“Dit is ongelukkig so dat die veldbrand ver versprei het en dat die soldate dit nie onder beheer kon bring nie,” sê hy.

Volgens Shilumbu is dit “teleurstellend” dat sommige plaaseienaars nie hul plaashekke wou oopsluit en vir die weermag toegang tot hul plase wou gee om die veldbrand te versprei nie.

Hy sê die veldbrand het ook na bergagtige dele versprei het waar dit moeilik was om dit te bestry.

“Ons doen ’n beroep op plaaseienaars om in die toekoms hul volle samewerking te gee,” was Shilumbu se woorde.

Op 16 Februarie 2015 het die destydse hoof van die weermag, lt.genl John Mutwa, in ’n omsendbrief aan bevelvoerders gewys op skade wat aan private eiendom aangerig word wanneer skietoefeninge tot veldbrande lei, of wanneer vee in die spervuur beland of skade aan vaste of roerende eiendom aangerig word.

Hy het in dié skrywe spesifiek na die Osire Kari-opleidingsgebied verwys en eise om skadevergoeding wat ingestel is.

Mutwa het die bevelvoerders opdrag gegee om alle moontlike voorsorgmaatreëls te tref om nie skade te veroorsaak aan private eiendom in die gebiede waar opleiding gedoen word.

Republikein het verlede jaar berig ook berig toe veldbrand tydens skietoefeninge op Oseri Kari ontstaan het en by Ovitoto en Midgard verby tot by Leopard Lodge, Okarumuti, Okatjeru, Oruhungo en Okatjemisse versprei het. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer