Plaasbestuurder vervang ná verliese
Ogone Tlhage
Die plaasbestuurder van die Kavango Cattle Ranch, mnr. John Alugodhi, is ná groot verliese van lewende hawe vervang.
Die plaas wat aan die Agentskap vir Nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) behoort, het onlangs in die kollig beland nadat meer as 20 beeskarkasse tydens ’n besoek verlede maand deur die leierskap van die Kavango-Wes-streekraad ontdek is.
Die stap is genoodsaak weens die swak bestuur wat op die plaas bespeur is, het Nida se CEO, mnr. Mihe Gaomab II, gesê.
“Die huidige plaasbestuur was nie doeltreffend en voldoende nie. Ons het daarom die plaasbestuurder verander om doeltreffende koördinasie, monitering, beheer, dissipline en toesig van die plaas en sy werknemers vanaf 1 Augustus te verseker,” het Gaomab ná ’n besoek aan die plaas verlede week gesê.
Goamab het om verskoning gevra vir die verlies aan beeste op die plaas en sê ’n volledige oudit van voorraad sal uitgevoer word.
“Oor die karkasse, ons het die streekleierskap van die Kavango-Wes om verskoning gevra en erken daar is beeste wat dood is. Ons beplan om dadelik ’n volledige voorraadopname te doen om die aantal en impak van die verliese te bepaal,” het Gaomab gesê.
Werkers op die plaas sê hulle staar verskeie uitdagings in die gesig. Heinings moet volgens boere op ’n daaglikse basis herstel word, wat daartoe lei dat beeste lang afstande op soek na water moet aflê.
“Die teenwoordigheid van sowat 150 tot 200 olifante is ’n reuse-uitdaging tot die plan vir beesproduksie op die plaas, omdat beeste gedwing is deur die situasie om vry op die hele plaas te beweeg. Die meeste van die plaaskampe se drade is plat, ten spyte van ons daaglikse pogings, Maandag tot Vrydag, om dit weer op te lig,” het werkers gesê.
Volgens hulle het die gebrek aan werkende waterpunte op die plaas situasies geskep waar beeste en olifante om gedeelde hulpbronne meeding.
Werkers sê beeste moes langer afstande op soek na waterpunte aflê, wat gelei het tot situasies waar meer as 1 000 beeste met olifante moet meeding vir die water wat beskikbaar is.
“In sommige gevalle is van die beeste doodgetrap,” het hulle gesê.
Die werkers kla ook oor die gebrek aan hulpbronne om die plaas te bestuur.
“Produksie-insette is ’n uitdaging en ons sukkel om die insette te kry om die plaas doeltreffend, voldoende en volhoubaar te bestuur. Voertuie is ook ’n uitdaging omdat dit oud is, asook geld om die voertuie te herstel. Dit maak dit moeilik om plaaswerkers te vervoer om in die behoeftes van beesboerdery te voorsien en onderhoud op die plaas vinnig te doen,” sê die werkers.
Volgens hulle is strategieë opgestel oor hoe om die probleemolifante te hanteer en is dit aan Nipa se bestuur oorhandig.
“Strategieë is ontwikkel en aan senior bestuur gekommunikeer. Geen reaksie is ontvang, terwyl die situasie op die grond versleg nie.”
Die werkers sê dit is onregverdig om die blaam vir die plaas se probleme op Alugodhi te plaas.
Alugodhi wou nie kommentaar lewer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie