Pluimveebedryf kan vlerke groei
Takel onwettige invoere, voerkoste
Goeie geleenthede wag indien die Namibiese pluimveebedryf uitdagings soos die smokkel van goedkoop produkte en hoë voerkoste die hoof kan bied.
Terwyl pluimveevleis na verwagting teen 2031 meer as die helfte van die wêreldwye vleismark sal uitmaak, blyk dit dat dieselfde tendense vir eksponensiële groei in die Namibiese mark waargeneem kan word.
Die Namibiese pluimveebedryf moet egter eers groot uitdagings oorkom, soos die smokkel van goedkoop produkte en beter grensbeheer, terwyl hoë voerkoste ’n beduidende kwessie vir produksie is.
Só gesels Louis Kleynhans, voorsitter van die Namibië Pluimveeprodusentevereniging, asook algemene bestuurder van Namibia Poultry Industry (NPI).
Kleynhans sê volgens statistiek deur die vereniging, is tot 3 400 ton hoenderprodukte onwettig in 2021 die land ingebring. Klaarblyklik het tot N$717 miljoen se hoenderprodukte die land ingekom, oënskynlik in transito na buurlande of geoormerk vir doeanebeheerde pakhuise, maar dit het nooit die land verlaat nie.
“Dis invoere waarop daar ook nie heffings was nie. Owerhede ondersoek tans die saak,” het hy gesê.
Hy meen onwettige ingevoerde hoender kom nie van Suid-Afrika af nie, maar dalk eerder van Brasilië – een van die wêreld se grootste uitvoermarkte. Die land het toegang tot markte waar daar ’n premieprys op die beste snitte betaal word, wat beteken die res van die hoender kan vir weggooipryse verkoop word. Boonop geniet lande soos hierdie ook landbousubsidies. Dit veroorsaak dat dit baie moeilik is vir ander lande om teen hulle mee te ding.
“Daar kom baie vragte met hoenderprodukte by ons hawe aan – baie geoormerk vir ons buurlande of doeanebeheerde pakhuise. Ons ervaring is egter dat baie hiervan in die plaaslike mark beland en nie uitgevoer word nie.”
Kleynhans sê die inkomende skeepsvragte moet dikwels na lande soos Zambië of Botswana gaan. “Dit op sigself is verdag, want dié lande se grense is gesluit vir invoere weens kwessies soos voëlgriep.”
GROEI
Hy sê die onwettige invoere het egter een “voordeel”, naamik dat dit bewys dat die plaaslike mark vir hoenderprodukte veel groter is as wat amptelik bereken word.
“Die mark moet nader aan 6 000 ton wees, wat beteken daar is baie ruimte vir die uitbreiding van plaaslike hoenderproduksie. Jy kan amper nog ’n NPI vestig,” meen hy.
Dienooreenkomstig gradeer NPI ook op die oomblik hul fabriek op sodat daar binnekort 560 000 hoenders per week geslag sal kan word.
“Tans het ons die kapasiteit om 340 000 hoenders per week te slag,” sê Kleynhans.
Hy sê daar is ook ander rolspelers wat beplan om die mark te betree of om hul kapasiteit te verbeter.
“Die plaaslike pluimveesektor vaar goed, veral in terme van sy produksievlakke en moontlike uitbreidings,” sê hy.
“Boonop geniet die pluimveebedryf goeie ondersteuning van die owerhede.”
PRYSE
Kleynhans sê terwyl die groeiende pluimveemark gulde geleenthede vir SME-boere kan bied, is voerkoste tans ’n enorme demper op die bedryf.
“Ons sien dit in die kuikenverkope. As die voerpryse styg, daal die verkope van eendag-oue kuikens en vice versa.”
Kleynhans sê voer maak nou 82% van ’n braaihoenderboer se insetkoste uit, waar dit voorheen 68% was.
“Vervoerkoste maak ook ’n groot deel hiervan uit. As ons daardie onkoste kon aftrek, is ons produksiesyfers- en marksyfer ‘on par’ met ons Suid-Afrikaanse eweknieë,” het hy gesê.
Kleynhans sê ’n ideale oplossing is die plaaslike produksie van voer vir die hoenderbedryf.
“Gewoonlik is die grootste probleem om ’n mark vir jou produkte te vind. Nie in ons geval nie: Ons beskik reeds oor ’n mark vir hoender in ons eie land, maar ons kan nie die verbouing van die produk doen nie. In die noorde van die land het ons die water en grond, ons moet ons landbougrond hiervoor benut,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie