PPP’s vir ontsoutingsaanleg, groenskemas
Privaatsektor kan huur
Namibië se minister van landbou, water en grondhervorming het tydens die Namibië Beleggersberaad in Dubai gesê verskeie beleggersgeleenthede wink in die landbousektor.
Verskeie geleenthede in die landbousektor wink vir internasionale beleggers.
“Ten einde die sekuriteit van watervoorsiening in die sentrale kusgedeeltes te verbeter, het die Namibiese regering die besluit geneem om in ’n ontsoutingsaanleg deur ’n openbare-private-vennootskap (PPP) te belê,” het Namibië se minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, tydens die Namibië Beleggersberaad in Dubai gesê.
“Die ontsoutingsaanleg sal deel vorm van ’n geïntegreerde waterverskaffingstelsel vir die sentrale kusgebied en die omliggende gebied.”
Hy het aangekondig die land se elf groenskemas sal beskikbaar gemaak word om aan die private sektor uit te huur.
ONTSOUTINGSAANLEG
“Die haalbaarheidstudie vir die ontsoutingsaanleg is afgehandel en die proses vir die vorming van ’n PPP is in ’n gevorderde stadium. Die perseel (vir die aanleg) is reeds aangeskaf en onderhandelinge vir die onttrekking van water en elektrisiteit is aan die gang.
“Die nasionale watervoorsiener, NamWater, is die agentskap wat die projek implementeer,” het Schlettwein gesê.
Hy het verduidelik die sentrale kusgebied – wat mynbedrywighede, toerisme en visnywerhede huisves – kan teen 2030 tot 36 500 megaliter water per jaar vir openbare en private gebruik nodig hê.
Tans kan slegs 12 000 megaliter water per jaar vanuit bestaande hulpbronne voorsien word. “’n Bykomende bron van water (ontsoutingsaanleg, met ’n kapasiteit) van sowat 20 000 megaliter is nodig,” het hy gesê.
Die sentrale dele van Namibië, het Schlettwein bygevoeg, het ook ’n behoefte aan die verskaffing van water, spesifiek vir groeiende mynboubedrywighede en huishoudings.
“Mynbou sal na verwagting in 2022 ’n 15% direkte bydrae tot Namibië se BBP lewer, volgens die Nasionale Beplanningskommissie. Indirek kan die bedryf tot ’n 25%-bydrae tot die BBP lewer en buitelandse valuta verdien.
“Indien aan waterbehoeftes voldoen kan word, kan myners moontlik hul produktiwiteit verbeter en meer werksgeleenthede vir Namibiërs skep ...”
GROENSKEMAS
“Ten einde private kapitaal optimaal te benut en om die volgehoue produksie en produktiwiteit van groenskemas te verseker, het die regering nou in beginsels besluit om die elf groenskemas uit te huur.
“Die eerste opsie sal wees om dit deur mededingende uitkontraktering en PPP’s te doen.
“Die regering, deur die ministerie van landbou, water en grondhervoring, beplan om ’n versoek vir voorstelle (RFP’s) teen Junie 2022 uit te reik sodat aanbiedinge teen Julie ontvang kan word. Die skemas sal voetstoots uitverhuur word,” het Schlettwein gesê.
Hy sê daar is geleenthede vir beleggers in beide die land se “groen-” en “bruinskemas” en dat die grond hiervoor reeds bekom is.
“Die regering het in totaal 11 groenskema-projekte ontwikkel, wat dit voortaan aan die private sektor wil uitverhuur. Die groenskema-projek moedig die ontwikkeling van akkerbouproduksie onder besproeiing aan, met ’n teiken van sowat 9000 hektaar langs Namibië se standhoudende riviere op sy grense.
NECKARTAL
Schlettwein het verduidelik die 11 groenskemas is in beide die noordooste en suidelike dele van die land geleë en dat die regering reeds heelwat hulpbronne hierin belê het. Die skemas is tevore deur die regering onder AgriBusDev bestuur.
Vier van die projekte, wat nog ontwikkel moet word, is die Neckartal-besproeiingskema (5000 hektaar), Zone (1000 ha) en Tandjieskoppe (500 ha) in die suide van die land, asook Katima-Liselo (1000 ha) in die noordooste van die land.
Schlettwein het aan beleggers verduidelik dat die Neckartal-projekte van die Neckartaldam se water gebruik sal maak, wat 830 miljoen kubieke meter (Mm³) water kan hou.
Hy het die Uvhungu Vhungu-melkplaas en besproeiingsprojek as ’n voorbeeld gebruik, waar nog sowat US$10 miljoen benodig sal word vir kapitale koste om die projek in werking te bring. Die geld is nodig vir onder meer ’n pompstasie, pyplyne, silo’s en hernubare kragopwekkingsaanleg.
Die beleggingsberaad is onder leiding van president Hage Geingob by die Grant Hyatt Hotel in Dubai aangebied.
Die beraad, gereël deur die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) in vennootskap met verskeie openbare en private entiteite, volg op die Dubai 2020 ekspo.
Die doelwit was om groei- en beleggingsvooruitsigte binne prominente ekonomiese sektore te beklemtoon, soos die sektor vir hernubare energie wat groenwaterstofontwikkeling insluit; die landbousektor in terme van landboutegnologie en hoëwaarde-voorsieningskettings en die dryf en diversifisering van uitvoere; ’n herstelplan vir toerisme ná Covid-19; infrastruktuur, logistiek en vervoer; asook mineraalveredeling en mynbouverwante bedrywe.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie