Foto verskaf
Foto verskaf

Ramsiekte ’n kopseer vir skaapboere

Inenting, bestuurspraktyke vir voorkoming
Die siekte, wat ongeneesbare steriliteit onder skaapramme meebring, is tans 'n groot uitdaging vir skaapprodusente.
Elvira Hattingh
Ramsiekte, of brucella ovis, veroorsaak tans ‘n groot uitdaging vir Namibiese skaapprodusente, terwyl 'n ernstige tekort aan die Rev 1-entstof, wat aan jong rammetjies toegedien moet word, op plaaslike winkelrakke voorkom.

Dr. Tom Tolmay, ‘n private veearts, het in die jongste nuusbrief deur die Namibië Landbou-unie (NLU) het gesê tans is slegs ‘n alternatiewe entstof genaamd Bru-Tect Rev1 op die mark beskikbaar.

Die siekte, wat ongeneesbare onvrugbaarheid onder skaapramme meebring, veroorsaak tans ‘n “groot kopseer vir skaapprodusente”, sê die NLU.

Plaaslike tekorte aan die entstof - asook verskeie ander vee-entstowwe - word veroorsaak deur ondoeltreffendhede by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), met Namibië wat “agter in die ry staan” om hiervan te ontvang.

Jako van Wyk, ondervoorsitter van die Namibië se Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het onlangs aan Agri Monitor gesê entstoftekorte is tans ‘n “reuseprobleem” - veral vir ramtelers. Intussen het Suid-Afrika se rooivleisbedryf die tekorte aan entstowwe ‘n “ramptoestand” genoem, wat tot die uitbreking van ernstige veesiektes in dié land lei.

AANSTEEKLIK

“Brucella ovis of ramsiekte, ook bekend as aansteeklike onvrugbaarheid onder ramme of 'bybal-ontsteking' besmet ramme permanent, terwyl ooie self oor ‘n paar maande van die besmetting ontslae raak,” het Tolmay verduidelik.

Hy sê die siekte raak uitsluitlik skape en kan van ram tot ram, ram tot ooi en ooi tot ram oorgedra word.

Tolmay sê dit word oorgedra tydens paartyd, maar ook waar daar ‘n samedromming van ramme by byvoorbeeld voerbakkke of waterkrippe is. Verder kan vlieë die siekte versprei, of ramme wat aan die skede van ander ramme ruik of mekaar bespring.

Hy sê die siekte dring die liggaam deur die slymvliese van die oog, neus, bek, skede, peester of geslagsdeel van die ram binne. “Daarvandaan beweeg dit deur die bloed en teiken dan die geslagsorgane waar dit ‘n akute of chroniese bybal-ontsteking (ontstekeing van die epididimis) veroorsaak.”

Die siekte het ‘n inkubasietydperk van drie tot sewentien weke, maar veranderinge in die gehalte van semen kan binne ‘n week ná besmetting voorkom.

SIMPTOME

“Verdikkings,verharding of knoppe kan op enige plek in die bybal vorm, maar ongeveer 80% kom in die stert van die bybal voor. Die grootte kan wissel van ertjie- tot okkerneutgrootte.

“Die verdikkings blokkeer die buise waardeur die semen moet beweeg en lei dan tot onvrugbaarheid van die ram,” verduidelik hy.

Tolmay sê indien albei byballe aangetas is, is die ram onvrugbaar. Volgens hom is dit is belangrik dat skaapboere hul teelramme gereeld deurvoel en ook bloedtoetse doen.

BEHANDELING

Tolmay sê antibiotika is nie doeltreffend teen die siekte nie. “By duur teelramme kan die aangetaste teelbal verwyder word met die hoop dat net een teelbal besmet was,” sê hy.

“Die siekte kan deur inentings of goeie bestuurspraktyke voorkom word. Dit sluit in om ramme gereeld te ondersoek en bloedtoetse te doen waar ramme verdikkings of knoppe het. Sorg dat alle nuut-aangekoopte ramme deur ‘n negatiewe bloedtoets vergesel word.”

Tolmay sê alhoewel die lewendige Rev1-entstof aanbeveel word, is Bru-Tect Rev1 tans die enigste entstof op die mark.

“Die ouderdom van inenting is uiters belangrik, dit moet gedoen word as die ram tussen twee en vier maande oud is.

“Ramme wat die positief vir die siekte toets, moet van die ooie weggeneem word en van kant gemaak word. Die ooie moet dan twee tot drie maande lank sonder enige ram by hulle loop, wat sal help dat hulle ontslae raak van die infeksie.

“Oorblywende ramme moet in kleiner groepe herverdeel word en na ses tot agt weke hertoets word.”

Tolmay sê ander bakterië kan ook verdikkings of swelling van die bybal veroorsaak en dat net ‘n toets kan vasstel watter bakterieë die siekte veroorsaak.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!