Rondloperdiere langs paaie ’n probleem

Situasie vererger tydens droogte
Daar is nie oral skutte beskikbaar waarheen diere geneem kan word nie.
Francoise Steynberg
Adv. Peet Harmse – Rondloper vee op en langs openbare paaie is al lank ’n probleem in Namibië.

Dit skyn asof hierdie probleem vererger tydens droogtetydperke wanneer vee van oral in padreserwes

gejaag word en sommer daar bly, snags ook. Selfs in dorpe loop die vee die strate vol en tussen huise.

Verskeie stukke wetgewing, naamlik die “Trespass of Animals Ordinance, 1939 (Ordinance 16 of 1939)” [die oortreding van diere-ordonnansie”], die “Roads Ordinance, 1972 (Ordinance No 17 of 1972)” [die paaie-ordonnansie”], die “Stock Theft Act, 1990 (Act No. 12 of 1990),” [die wet op veediefstal], die “Road Traffic and Transport Act, 1999 (Act No. 22 of 1999” [die padverkeers- en vervoerwet” en die regulasies daarkragtens uitgevaardig] en die “Animal Health Act, 2011 (Act No. 1 of 2011)” [die dieregesondheidswet] handel oor rondlopervee of oortredende diere.

Die oortreding van diere-ordonnansie maak voorsiening vir twee tipes aksies wat geneem kan word met betrekking tot oortredende diere, naamlik dit kan of geskut en geneem word na ’n skut, of dit kan skriftelik aangemeld word by die bevelvoerder van die naaste polisiekantoor, wat dan sekere stappe kan doen.

Die probleem is dat daar nie oral skutte beskikbaar is waarheen oortredende diere geneem kan word nie. Voorsiening word ook gemaak vir die betaling van vergoedingsgeld, maar dit is so gering dat dit nie eintlik die moeite werd is nie.

Vir doeleindes van die oortreding van diere-ordonnansie kan grondeienaars op wie se grond diere oortree, polisiebeamptes en persone wat gemagtig is kragtens artikel 49 daarvan, optree om dié diere te verwyder.

TREK MET VEE

Artikels 51 tot 54 van die paaie-ordonnansie handel oor trek met vee.

Voorsiening word gemaak dat persone wat wil trek met vee langs openbare paaie in besit moet wees van ’n permit wat deur ’n landdros uitgereik is. Sekere beperkings geld met betrekking tot sodanige trek, naamlik dat die persoon wat met die vee trek, moet voortgaan om te trek in dieselfde rigting van ’n beginpunt tot ’n bestemming (daar mag dus nie geboer word langs die pad nie) en ’n afstand van ten minste 15 kilometer per 24 uur moet dek.

Diere wat oortree op of langs geproklameerde paaie is onderhewig aan die oortreding van die diere-ordonnansie en kan mee gehandel word kragtens die bepalings van daardie ordonnansie. Met ander woorde, sulke diere mag geskut en geneem word na ’n skut of dit kan aangemeld word by die naaste polisiebevelvoerder.

Vir doeleindes van die paaie-ordonnansie kan grondeienaars op wie se grond diere oortree, polisiebeamptes en persone wat gemagtig is kragtens artikel 49 daarvan optree om dié diere te verwyder.

Volgens die wet op veediefstal mag geen persoon vee of produkte waarvan hy nie die eienaar is nie, op of langs ’n openbare pad aanjaag of vervoer nie, tensy die persoon in besit is van ’n verwyderingsertifikaat (“removal certificate”) uitgereik deur die eienaar van die vee of produkte. Die sertifikaat moet sekere voorgeskrewe besonderhede bevat.

STRAWWE EN BOETES

Die padverkeers- en vervoerwetregulasies handel oor diere op openbare paaie en snelweë en bepaal dat geen persoon ’n dier mag los of toelaat om op enige gedeelte te wees van ’n openbare pad wat afgekamp is aan beide kante of sodanige dier te los op of in ’n plek waar dit mag afdwaal na die afgekampte gedeelte sodat dit ’n gevaar skep of besering van enige persoon of voertuig wat die pad gebruik, kan veroorsaak nie.

Voorsiening word ook gemaak vir veiligheidsmaatreëls soos rooi ligte wat gebruik moet word wanneer diere tussen sononder en sonop langs openbare paaie en snelweë aangejaag word of rooi vlae wat gebruik moet word wanneer diere ander tye langs openbare paaie en snelweë aangejaag word. Geen persoon mag ook op ’n snelweg ’n voertuig dryf wat deur ’n dier getrek word nie.

Dié regulasies maak die aanjaag van diere langs openbare paaie of snelweë sodat dit ’n gevaar veroorsaak, of sonder die nodige rooi ligte of rooi vlae, ’n strafregtelike oortreding wat strafbaar is met ’n boete van hoogstens N$4 000 of gevangenisstraf van hoogstens een jaar of met beide die boete en die gevangenisstraf.

BEWEGINGSPERMIT

Vir doeleindes van die padverkeers- en vervoerwetregulasies het ’n verkeersbeampte die mag om diere te verwyder wat op of langs openbare paaie of snelweë is sonder die nodige permit, die nodige rooi lig of rooi vlag of wat ’n obstruksie of gevaar veroorsaak vir ander verkeer.

Die dieregesondheidswet het ten doel die voorkoming, opsporing en beheer van dieresiektes, en die instandhouding en verbetering van dieregesondheid. Dit vereis ’n bewegingspermit ten opsigte van alle voorgeskrewe diere soos beeste, skape, bokke en varke wat verwyder word van die geregistreerde inrigting (plaas) waar dit moet wees. Dit geld ook ten opsigte van voorgeskrewe diere wat op of langs openbare paaie is.

Dit is ’n strafregtelike oortreding om ’n voorgeskrewe dier sonder ’n bewegingspermit te verwyder van die geregistreerde inrigting waar dit moet wees, en sodanige oortreding is strafbaar met ’n boete van hoogstens N$100 000 of gevangenisstraf van hoogstens vyf jaar of beide die boete en die gevangenisstraf.

Vir doeleindes van die dieregesondheidswet het veeartsenybeamptes en die verkeerspolisie uitdruklike bevoegdhede om op te tree waar vee sonder bewegingspermitte op of langs openbare verkeer of gevaar mag inhou of veroorsaak vir ander verkeer.

HOëRHOFBEVINDING

In soverre dit aanspreeklikheid betref waar diere skade, beserings of dood op of langs openbare paaie veroorsaak, het ons hoërhof by geleentheid bevind dat die Paaieowerheid (RA) aanspreeklik was vir die skade aan vragmotors veroorsaak deur ’n bees wat op ’n openbare pad beland het. Die RA het nagelaat om ’n motorhek in stand te hou of te herstel en die bees het toe daardeur gegaan en op die openbare pad beland.

Die hoërhof het bevind dat:

– die doel van ’n motorhek op ’n geproklameerde hoofpad is om die beweging van beeste of ander vee van een deel van die pad na ’n ander deel te beperk, en die RA het ’n wetlike plig om motorhekke te onderhou en te herstel; en

– die versuim of nalaat van die RA om te voldoen aan hierdie wetlike plig was die oorsaak dat die betrokke bees op die B1-hoofweg beland het en ’n botsing tussen twee vragmotors veroorsaak het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76%