SA raam ekonomiese impak van stompkopkewer op R275 miljard
Die potensiële impak van die stompkopkewer (polyphagous shot hole borer) op die ekonomie van Suid-Afrika, kan ’n yslike R275 miljard oor die volgende tien jaar beloop, en munisipaliteite sal hierdie las moet dra indien niks gedoen word om hierdie indringer te stuit nie.
Dit hou ook 'n bedreiging vir landbouers se vrugteboorde en die bosboubedryf in.
Die stompkopkewer is in 2012 vir die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk en het sedertdien na agt van Suid-Afrika se nege provinsies versprei, wat dit tans die grootste uitbreking van hierdie indringerplaag wêreldwyd maak.
Terwyl die meeste van Suid-Afrika se mees berugte indringerspesies problematies in landelike gebiede is, sal hierdie aggressiewe indringer die grootste impak op bome in stedelike gebiede hê.
Hierdie skatting is die resultaat van samewerking tussen ekonome van die Universiteit Stellenbosch (US) se Skool vir Publieke Leierskap en ekoloë van die DWI-NNS Sentrum van Uitnemendheid in Indringerbiologie (SIB) by die US, die US se Departement Bewaringsekologie en Entomologie en die Instituut vir Bosbou- en Landboutegnologie by die Universiteit van Pretoria.
In plaas daarvan dat hulle hul bevinding op bestaande data grond, het die span ’n modelleringsbenadering, gebaseer op voorspelde impakte gebruik. Hiermee het hulle gepoog om die moontlike toekomstige impak van hierdie indringer te simuleer indien niks gedoen word om die verdere verspreiding hiervan te keer nie.
Die bevindings is in die artikel: “An assessment of the potential economic impacts of the invasive polyphagous shot hole borer (Coleoptera curculionidae) in South Africa” in die Journal of Economic Entomology gepubliseer.
Prof. Francois Roets, ’n ekoloog in die US se Departement Bewaringsekologie en Entomologie en een van die mede-outeurs, sê ’n boomryke dorp soos Stellenbosch loop die gevaar om 20 000 van die groot ou eikebome en plataanbome langs sy strate te verloor.
In Somerset-Wes, waar die stompkopkewer vier jaar gelede vir die eerste maal opgemerk is, is meer as 10 000 bome reeds geïnfekteer en sommige van die bome is nou besig om dood te gaan.
Hy sê bome wat in stedelike gebiede voorkom, is meer vatbaar om voor die kewer se aanslag te swig aangesien hierdie bome gewoonlik reeds stres ervaar in ’n stedelike omgewing in vergelyking met dié wat in ’n natuurlike woud voorkom wat ryk aan biodiversiteit is. Mense in stedelike gebiede is ook geneig om meer uitheemse boomspesies te plant, waarvan baie gekloon is en nie die genetiese diversiteit het wat nodig is om nuwe plae af te weer nie.
Prof. Martin de Wit, ’n ekonoom van die US se Skool vir Publieke Leierskap en hoofouteur van die artikel, sê as niks gedoen word om die verdere verspreiding van hierdie indringer te keer nie, sal munisipaliteite landswyd tussen 2020 en 2030 ’n geskatte 65 miljoen bome in stedelike gebiede moet uithaal en veilig ontslae van raak. Dit sluit die bome op privaat grond buite stedelike gebiede uit.
“Ons benodig ’n nasionale beleid en gekoördineerde strategie vir munisipaliteite om hierdie kewer in sy spore te stop,” waarsku hy.
“Tot op hede is die stompkopkewer nog nie op die regering se lys van uitheemse en indringerspesies wat val onder die Nasionale Omgewingsbestuur se Wet op Biodiversiteit nie, wat dit vir munisipaliteite moeilik maak om doeltreffend te reageer.”
Prof. Brian van Wilgen, ’n ekoloog van die SIB en mede-outeur van die studie, sê die opsies vir die bestuur van hierdie indringer is beperk: “Gegewe die feit dat dit alreeds wydverspreid voorkom, is die uitroei daarvan onmoontlik en die bestuur hiervan sal daarop moet fokus om die verspreiding te verminder en om die impak hiervan te versag. ’n Eerste stap − en waarskynlik die mees ekonomiese een − sal wees om die vrye beweging van potensieel besmette plantmateriaal, hout en houtprodukte te beperk.”
Die klein stukkie goeie nuus is dat die stompkopkewer slegs kort afstande kan vlieg – van 500 meter tot twee kilometer. Sy vinnige verspreiding in Suid-Afrika is dus hoofsaaklik te wyte aan mense wat hout oor munisipale en provinsiale grense heen vervoer.
Die slegte nuus is dat ’n enkele maagdelike wyfie ’n nuwe kolonie kan vestig deur slegs ’n manlike nageslag te produseer en dan met hulle te paar.
Hierdie “perfekte indringer” voorsien ook hulle eie kos in die vorm van die swam Fusarium euwallaceae, ’n uitheemse spesie wat saam met die kewer in omloop gebring is, verduidelik Roets.
Navorsing is aan die gang om ’n biologiese beheermiddel teen die swam (Fusarium euwallaceae) te vind wat met die kewer geassosieer word. Dit sal egter, “ten minste ’n dekade neem om so ’n “agent” los te laat – indien een ooit gevind kan word. En dit sal selfs langer neem alvorens daar enige noemenswaardige afname in die verspreiding verwag kan word,” skryf die outeurs in die artikel.
Tot op hede is daar geen getoetste en goedgekeurde insek- of swamdoder in Suid-Afrika geregistreer waarmee die stompkopkewerbesmetting behandel kan word nie. * Artikel verskaf deur die Universiteit Stellenbosch

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie