Savanna Beef dalk einde 2024 in werking
Die Savanna Beef Processing-aanleg (SBP) kan dalk reeds teen einde volgende jaar met sy eerste verslagtings begin. Indien alles volgens plan verloop, kan bouwerk aan die aanleg ook reeds in Mei vanjaar begin.
Die konstruksiefase sal 18 maande neem, het Mecki Schneider (foto), aan Republikein gesê. Schneider is die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) se taakspan-voorsitter.
Republikein het Vrydag verkeerdelik berig dat die abattoir reeds einde 2023 in werking kan wees. Die regte datum is egter eers November of Desember 2024 – of op die vroegste, Oktober volgende jaar, het Schneider gesê.
“Ons is aktief besig met ’n klomp paralelle aksies, met twee belangrike aspekte wat sedert Januarie getakel word: Die ontwerpfase van die aanleg, asook die finansiering van Savanna Beef Processors,” het Schneider gesê.
Hy sê tans moet daar oor dié “twee groot hekkies gespring word”.
“Die eerste hekkie is die ontwerp en die werklike koste van die aanleg. Tot dusver kom ons syfers uit haalbaarheidstudies, nou werk ons met werklike koste. Die tweede hekkie is die finansiering van die aanleg,” het hy verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie