Savanna Beef slag dalk al einde 2024
PAS IN:
Indien alles volgens plan verloop, kan bouwerk aan die Savanna Beef Processing-aanleg (SBP) dalk reeds in Mei vanjaar begin, terwyl die aanleg dan teen November of Desember 2024 operasioneel kan wees. Die konstruksiefase sal 18 maande neem, het Mecki Schneider (foto), aan Republikein gesê.
Schneider is die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) se taakspan-voorsitter.
“Ons is aktief besig met ’n klomp paralelle aksies, met twee belangrike aspekte wat sedert Januarie getakel word: Die ontwerpfase van die aanleg, asook die finansiering van Savanna Beef Processors (SBP),” het Schneider aan Republikein gesê.
Hy sê tans moet daar oor dié “twee groot hekkies gespring word”.
“Die eerste hekkie is die ontwerp en die werklike koste van die aanleg. Tot dusver kom ons syfers uit haalbaarheidstudies, nou werk ons met werklike koste. Die tweede hekkie is die finansiering van die aanleg,” het hy verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie