Sloerende sertifikate kniehalter plaasverkope
Verreikende gevolge vir betrokkenes
Drie agente en 'n boer, wat op voorwaarde van anonimiteit met die koerant gepraat het, sê dit blyk dat die regering nie die implikasies van die vertragings besef nie.
Die plaasverkopebedryf sit met hande in die hare omdat die ministerie van landbou, water en grondhervorming tot vyf maande sloer om sertifikate van afstanddoening van plase (waivers) uit te reik.
In sommige gevalle kos die gesloer met die sertifikate ’n boer tot N$150 000 per maand aan rente op ’n banklening, terwyl dit in nog ’n geval rente op ’n boedel erg laat ophoop en in ’n derde geval geld vir dringende mediese behandeling van iemand weerhou.
Drie agente en ’n boer, wat op voorwaarde van anonimiteit met Republikein gepraat het, sê dit blyk dat die staat nie die implikasies van die vertragings besef nie.
Een agent sê hy wag tans op 30 van dié sertifikate wat reeds vir langer as 90 dae by die ministerie lê. Sommige van die aansoeke lê al vir langer as 150 dae,” het hy gesê.
“Boonop neem dit tans ook ses tot agt weke om ’n klaringsertifikaat vir grondbelasting te kry, waar dit voorheen sowat drie weke geneem het. Jy moet dit eers kry, voor jy vir ’n waiver aansoek kan doen,” het ’n agent gesê.
Vrae oor wat die oponthoud veroorsaak, is verlede Donderdag aan die ministerie van landbou, water en grondhervorming gerig, maar is tot dusver nog nie beantwoord nie.
WET
Volgens wet het die staat die eerste opsie om enige plaas in Namibië te koop wat op die mark kom.
Daar moet binne 90 dae besluit word of die staat die plaas vir hervestigingsdoeleindes sal koop. Indien die staat besluit om die aanbod van die hand te wys of nie binne dié tydperk reageer nie, moet dit ’n sertifikaat van afstanddoening uitreik.
“Wat die wet egter nalaat om te sê, is hoeveel tyd die ministerie het om die sertifikaat uit te reik ná die 90 dae verval het. Hulle is nie aan ’n tydperk verbind nie en dit laat die proses sonder einde sloer,” het een agent gekla.
IMPLIKASIES
“Een van die transaksies wat ek hanteer, se waarde is N$20 miljoen. As die boer die bank N$10 miljoen skuld, dan is sy maandelikse rente aan die bank N$100 000. Hy verloor ook 6% rente op die ander N$10 miljoen, wat ’n verdere N$50 000 is.
“Dit beteken elke maand wat dit sloer, verloor hierdie persoon N$150 000. Daar is nie begrip vir die implikasies nie,” het hy gesê.
“In sommige gevalle is plaasverkope dringend omdat daar ’n geldelike knyp is. Dan het ons wel ’n koper, maar die transaksie kan nie afgehandel word nie omdat die waiver kort. Uiteindelik begin skuldeisers beslag lê op die boer se besittings.”
’n Tweede agent sê hy werk met ’n geval waar daar baie geld op ’n boedel geskuld word. Die gesloer om ’n sertifikaat te kry, veroorsaak dat die rente op die boedel erg ophoop.
“In nog ’n geval is die geld vir die verkoop van ’n plaas dringend nodig om ’n ma se mediese onkoste te dek. Die seun is gereed om die plaas te koop – maar die bank staan nie ’n lening toe sonder die waiver nie. Ons wag reeds bykans 120 dae al hiervoor.
“Ons is besig om hierdie mense se omstandighede nog moeiliker te maak, terwyl die ma net al sieker raak,” het hy gesê.
Hy voeg by dat die gesloerdery beteken dat koopkontrakte uitloop.
“Die hele proses, tesame met ’n aansoek om ’n banklening en die oordrag, duur dikwels amper ’n jaar. Niemand kan so sake doen en oorleef nie, het ’n agent gesê.
PROBLEEM
“Ons het vandag opnuut navrae gedoen oor waar die waivers lê – dit wag klaarblyklik nog op die minister se handtekening,” het een van die agente gesê.
’n Boer, wat ook wag vir ’n sertifikaat, sê iemand in die ministerie se kantoor het dieselfde aan hom gesê
Die agente sê dit het reeds standaardpraktyk geraak om ná 90 dae ’n versoekskrif aan die ministerie te moet rig vir die uitreik van ’n sertifikaat – iets wat selde voorheen gebeur het.
Volgens ’n ingeligte bron het die verkrygingskomitee vir grond (LAC) wat een keer per maand sit om aanbiedinge van plase wat te koop is, te oorweeg, in Mei laas ’n sitting gehad. Hulle sal na verwagting eers weer vandeesweek vergader.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie