Sowat 900 stoetdiere in Windhoek geskou
Groot opgewondenheid heers onder bees-, skaap- en boktelers wat vanjaar in Windhoek gaan skou waar inskrywings ‘n groot oplewing toon ná 2019 se fel droogte, gevolg deur die Covid-19-pandemie.
Altesaam 16 telers gaan met 373 beeste die skouring betree, terwyl sowat 500 stuks kleinvee deur 25 telers ten toon gestel gaan word.
Windhoek Skou se hekke swaai vandag oop, hoewel die kleinvee eers Sondag aankom en die beeste Maandag.
Mnr. Francois Janse van Rensburg, wat die kleinvee organiseer, sê die slaglamkompetisie se beoordeling op die hoef geskied Maandag, terwyl die rasbeoordelings Dinsdag begin. Boerbokke, Kalahari Reds, Savanna’s, Van Rooy’s, Persies, Damaras, Veldmasters en Meatmasters word geskou.
Wat die beeste betref, neem beide die Simbra- en die Brahman-telers vanjaar aan nasionale kampioenskappe deel – die Simbra’s volgende Vrydag, gevolg deur die Brahmane Saterdag.
Mnr. Hennie Kruger, lewendehawe-organiseerder by die Windhoek Skou, sê 111 Simbra’s in ingeskryf en 122 Brahmane.
Die slagoskompetisie se beoordeling op die hoef geskied Woensdag, met die eerste beesrasbeoordelings wat Donderdag begin. Benewens Simbra’s en Brahmane, word daar ook met Afrikaners, Herefords, Angusse, Charolais, Dexters, Braunvieh, Romagnolas en Simmentalers geskou.
Kruger sê vir die eerste keer vanjaar vind die veeparade en prysuitdeling nie op die laaste Donderdag van die skou plaas nie, maar is dit verskuif na Sondag 2 Oktober om 16:30.
“Ons hoop meer mense sal dit bywoon omdat dit nie in die week gehou word nie,” sê Kruger.
Van Rensburg sê ’n hoogtepunt is die groot kleinveestoetveiling wat volgende Vrydagaand om sesuur in die Agra/Bank Windhoek Ring plaasvind.
“Meer as 200 diere van alle rasse word opgeveil en die veiling, wat deur Agra aangebied word, sal ook aanlyn geskied om dit vir telers in buurlande moontlik te maak om ook te bie,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie