Stryd teen plaag woed voort
Ekstra werk nodig voor volgende reënseisoen
Die //Kharasstreekraad het gister hulpmiddels ter waarde van 'n kwartmiljoen dollars aan die direktoraat van landbou oorhandig.
Die sprinkaanplaag in die Suide word tans steeds die hewigste in die distrikte van Karasburg en Aus ervaar, het mnr. Nelson Ngarizemo, gister op Keetmanshoop gesê.
Massiewe swerms vlieërs is volgens hom steeds uit die twee gebiede gerapporteer.
Bykomende spanne sal volgens Ngarizemo opgelei en ontplooi word om die spuitveldtog teen die insekplaag stukrag te gee. Die weermag se hulp is byvoorbeeld versoek.
//Kharas se streekraad het gister hulpmiddels ter waarde van N$250 000 aan die ministerie van landbou, water en grondhervorming oorhandig as bystand in die stryd.
Die voorsitter, mnr. Joseph Isaacks, het gesê raadslede beskou dit as 'n topprioriteit om die plaag in bedwang te bring.
Bestryding word volgens Ngarizemo bemoeilik omdat gif net laatmiddag en vroegoggend gebruik kan word wanneer die sprinkane gaan rus. Hy het bygevoeg dat streng, voortgesette beheer noodsaaklik is sodat 'n nuwe plaag nie aan die begin van die volgende reënseisoen uitbroei nie.
Volgens Ngarizemo word padblokkades gebruik om motoriste oor die gevaar van sprinkaanswerms in te lig. Nog geen noodlottige ongelukke is aangemeld sedert die veldtog afgeskop het nie.
Die landbouwetenskaplike het toegegee dat belangrikke lesse geleer is. Dit sal volgens Ngarizemo beter reaksieplanne in die toekoms verseker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie