TER ILLUSTRASIE. FOTO PIXABAY
TER ILLUSTRASIE. FOTO PIXABAY

Talle landbougeleenthede in komende weke

Geleenthede vir leer en deel
Landbou-produsente, neem kennis van die verskeie skoue, kongresse asook belangrike jaarvergaderings wat in die komende weke plaasvind.
Elvira Hattingh
Terwyl die Windhoek Skou vandag nasionale kampioenskappe vir Simbra-beeste aanbied asook om 18:00 die kleinveeveiling hou, vind verskeie landbougeleenthede oor die komende weke plaas.

Môre kom die nasionale kampioenskappe vir Brahmane aan die beurt, terwyl die skou se interras-kampioenskap en veeparade op Sondag plaasvind.

Meatco se langverwagte jaarvergadering vind ook vandag op Otjiwarongo om 09:00 by die C’est si Bon Hotel plaas.

Terselfdertyd bied die Namibië Weidingsforum nog môre en Sondag ‘n velduitstappie na Okakarara en die Namtip-navorsingstasie by Waterberg aan nadat die 23ste forum oor die afgelope twee dae in Windhoek gehou is.

Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) hou Dinsdag kongres, met die NLU se kongres wat Donderdag plaasvind.

Die Landbouvooruitskouingskonferensie, wat weens die pandemie in 2018 laas aangebied is, word op Woensdag in Windhoek gehou.

Dit word deur die Namibië landbou-unie (NLU) in samewerking met sy susterunies, die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU), Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (Necfu) en die Boere-unie vir Voorheen-benadeelde Namibiërs (PDNFU) aangebied.

Die nuutgestigde Kamer van Landbou sal aan die landbougemeenskap voorgestel word, terwyl onderwerpe soos verbruikersvoorkeure in die Midde-Ooste, mentorskap deur buurmanne wat mekaar bystaan en saamwerk, suksesvolle grondhervorming, die ekonomiese impak van stropery en diefstal in Namibië en volhoubare ondersteuningsmodelle vir landbou-ontwikkeling bespreek sal word.

Die Namibiese Brahmanvereniging bied sy jaarlikse simposium op 18 Oktober aan, met internasionale sprekers wat van so ver as Australië en Suid-Afrika kom.

Uhlenhorst Boerevereniging hou op 14 en 15 Oktober die NLU-Agribaai op die Mariental by die skougronde. Vanjaar se tema is “Khakie is koning”. Meer inligting is beskikbaar by www.nluagribraai.com.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!