Uittog van base by Meatco
'Peuter' met rekords, databasisse
Frustrasie en intimidasie is glo die rede vir die stroom bedankings by Meatco.
Mathias Haufiku - Bestuurslui is besig om Meatco soos een man weens frustrasie, intimidasie en ’n toksiese werksomgewing te verlaat.
Dit volgens ten minste drie uit ses senior beamptes wat sedert Julie 2023 hul bedankings by dié semistaatsinstelling ingedien het.
Die bedankings het saamgeval met die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, en die Bank of Namibia (BoN) se versoek dat die Meatco-raad ’n ondersoek na die werksaamhede by die maatskappy van stapel stuur.
Anselma Haushiku (uitvoerende hoof vir menslike kapitaal), Inus Karumbu (produksiebestuurder), Titus Kanyanda (groeprekenmeester), Demeterius Aimbaanhu (kostebestuurder), Jonas Ileka (bestuurder vir menslike kapitaal) en Martins Kambulu (verkrygingshoof) het almal tussen Julie en Desember verlede jaar bedank.
Uit Meatco se binnekring word beweer personeel se moraal is op ’n laagtepunt wat deels veroorsaak word deur die benarde finansiële posisie waarin die maatskappy homself bevind, asook die onsekerheid oor sy voortbestaan.
Talle vrees toekomstige afdankings as drastiese veranderinge nie gemaak word om te probeer red wat nog oor is van die eens vooruitstrewende entiteit nie.
Beweringe word ook gemaak dat sommige van die beamptes wat bedank het, so gefrustreerd met die werksomgewing was, dat hulle eerder gekies het om uit te stap sonder dat hulle reeds ander werk gehad het.
Shiimi het verlede jaar die maatskappy se raad opdrag gegee om beweringe te ondersoek dat Meatco sy vleis goedkoper verkoop (underselling), sowel as personeel se bekommernisse oor strategiese en bedryfskwessies.
Bekommerde werknemers het in ’n brief gedateer 30 Junie 2023 aan Shiimi gesê die maatskappy se bedrywighede moet ondersoek word om sy oorlewing te verseker.
“Meatco se volgehoue volhoubaarheid regverdig ’n nadere ondersoek, meer nog, om die peutervrye uitvoer van sy werksaamhede te verseker. Dit met die doel om finansiële ongerymdhede, vermorsing en ondoeltreffendhede uit te skakel en die beperkte finansiële hulpbronne tot sy beskikking te benut om met bedrywighede te kan voortgaan,” het die personeel in hul voorlegging gesê.
Hulle verwys ook na beweerde spioenasie op werknemers.
“Volgehoue, buitensporige en om die minste te sê onwettige optrede binne Meatco se kommunikasiestelsels wat gekenmerk word deur die gepeuter met amptelike e-posse, rekords en databasisse en in so’n mate dat spesifieke inligting wat met hierdie skrywe verband hou, toevallig verwyder het of uit amptelike rekords gelaat is,” lui die brief.
Daar is ook beweringe dat Meatco se uitvoerende hoof,
Mwilima Mushokabanji, dikwels strategiese besluite geneem het “sonder om die meeste van die bestuur te betrek en om die raad te mislei”.
Mushokabanji word ook onder meer daarvan beskuldig dat hy personeel in so ’n mate intimideer dat hulle bang was om hul pligte uit te voer.
Laasgenoemde was veral met betrekking tot sy “uitgebreide reise”, die gebruik van sy kredietkaart, sowel as eise vir reis en verblyf.
Personeel beweer voorts dat hy aankope volgens sy eie diskresie behartig en in die proses die magte van die maatskappy se gevestigde interne verkrygingsprotokol, soos die bestuurseenheid vir verkryging, systap.
“Dit moet ondersoek word om ’n omvattende verslag saam te stel oor die verkrygingsprosesse wat gevolg is, die gesag van dié wat hierby betrokke wees, asook die rede hoekom die maatskappy se prosesse gesystap is. Dit moet ook alle uitgawes bepaal wat tydens die prosesse aangegaan is en wat alleenlik deur die kantoor van die uitvoerende hoof hanteer is en die betaling van verblyf tydens sy sakereise ingesluit het,” lui die werkers se versoek.
Die werknemers het beloof om nog ongerymdhede en onetiese optrede in die maatskappy bloot te lê, sou die status van fluitjieblasers aan hulle toegeken word.
Die finansministerie wou vandeesweek nie kommentaar oor die werknemers se beweringe lewer nie.
“Met verwysing na Meatco word dit as ’n interne kwessie beskou en is die raad die gepaste gesag om dit te hanteer,” het die woordvoerder, Wilson Shikoto, gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie