Beesuitvoere het van September tot Oktober vanjaar met 32,45% afgeneem. Foto argief
Beesuitvoere het van September tot Oktober vanjaar met 32,45% afgeneem. Foto argief

Uitvoer van beeste, skape steeds op ’n afdraand

Ellanie Smit
Die totale bemarking van beeste het met 3,68% van 19 906 in Oktober 2023 na 19 173 in Oktober vanjaar afgeneem.

Volgens die jongste maandelikse verslag van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad (LLPB) is uitvoere op die hoef vanjaar 22,21% laer as verlede jaar in dieselfde maand.

Uitvoere van beeste het met 32,45% van 11 556 in September na 7 806 beeste in Oktober afgeneem.

Die LLPB het gesê die meerderheid (speenkalwers) is na Suid-Afrika uitgevoer, met minder beeste na Angola en Botswana.

Die veilingspryse van speenkalwers suid van die veeartsenykordonheining, ook bekend as die Rooilyn, het met N$3,65 per kilogram vanaf N$25,02/kg in September 2024 na N$28,67/kg in Oktober gestyg.

Op ’n maandgrondslag het die veilingspryse vir speenkalwers suid van die Rooilyn met 14,59% toegeneem.

Volgens die LLPB sal die pryse van speenkalwers na verwagting met 17,30% in November daal soos wat aanvraag verminder.

Produsentepryse van alle grade beesvleis en B2-karkasse sal na verwagting onderskeidelik N$52,23/kg en N$59,87/kg vir November wees.

Volgens die LLPB het produsentepryse in alle grade gemiddeld op ’n jaargrondslag gedurende Oktober gestyg.



SKAAPBEMARKING

In die skaapsektor het die totale bemarking met 29,83% afgeneem van 53 046 wat in Oktober 2023 bemark is na 37 224 in Oktober vanjaar.

“Hierdie is hoofsaaklik weens ’n algemene afname in lewende uitvoere, wat op ’n jaar-tot-jaar-grondslag teen 28,96% aangeteken is,” het die LLPB verduidelik.

Verder het prestasies van uitvoerabattoirs met 17,27% op ’n jaargrondslag gedaal, terwyl plaaslike verslagtings ook met 38,82% afgeneem het. Altesaam 8 407 skape is gedurende Oktober verlede jaar geslag en 5 143 skape in Oktober vanjaar.

Die LLPB het gesê skaapbemarking word steeds deur lewende uitvoere oorheers. Die meerderheid van lewende skaapuitvoere (98,73%) was vir Suid-Afrika bestem, gevolg deur Tanzanië (0,80%) en Botswana (0,47%).

Die Suid-Afrikaanse mark bly Namibië se grootste vennoot vir skaapuitvoere.



VARKVLEIS

In die varkvleissektor is altesaam 4 383 varke in Oktober 2024 geslag, wat ’n jaarlikse toename van 10,15% weerspieël vergeleke met Oktober 2023.

Op ’n maand-tot-maand-grondslag het die aantal varke wat geslag is met 8,68% gestyg, vanaf 4 033 varke in September 2024.

Gedurende die tydperk onder oorsig het die Mariental- en Halooli-abattoirs onderskeidelik 2 730 en 1 405 varke geslag.

Die LLPB het gesê die Namibiese varkvleisplafonprys onder die varkvleisskema is steeds vasgestel op N$51,03/kg. Die berekende varkvleisplafonprys het gedurende Oktober vanjaar met 0,31% gestyg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!