Unam se dierehospitaal oop vir buitepasiënte

‘n Nuutgeboude eenheid vir buitepasiënte by die Universiteit van Namibië (Unam) se Veterinêre Akademiese Hospitaal het Maandag amptelik vir die publiek geopen, met die bekende dr. Rainer Hassel wat aan stuur van die hospitaal staan.

Finalejaarstudente sal voortaan, onder die toesig van geregistreerde veeartse, konsultasies en die behandeling van kleiner diere hier kan behartig.

Die eenheid is by die universiteit se Veterinêre Akademiese Hospitaal geleë, terwyl dit ook oor die kapasiteit beskik om groter diere, soos beeste, perde, skape, bokke en wild, by hul Neudamm-kampus te behandel.

Unam se woordvoerder, mnr. John Haufiku, het verduidelik die nuwe eenheid, wat tans in sy eerste fase is, is eers net vir diere, katte en voëls – totdat die tweede fase van die hospitaal voltooi is.

Die eenheid vir buitepasiënte, wat in 2020 met finansiering van die Afrika-Ontwikkelingsbank (AfDB) gebou is, spog met ses spreekkamers met moderne tegnologie asook ’n volledig toegeruste laboratorium.

Konsultasie-ure is Maandag tot Vrydag vanaf 09:00 tot 12:00 en op Saterdae vanaf 09:00 tot 11:00.

Dr. Anna Marais, mededekaan van die universiteit se skool vir veeartsenykunde het gesê die hospitaal is op die been gebring hoofsaaklik om studente op te lei asook om die gehalte van veeartsenykundige sorg in die land te verbeter.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!