Van skoonheidsterapeut tot boer
Chantelle Mouton volg haar drome
Binne die volgende vyf jaar wil sy graag suksesvol op haar eie plaas boer.
Ná ‘n Bonsmara-veiling deur die alombekende dr. Joggie Briedenhann haar geïnspireer het, was daar nog geen keer aan die skoonheidsterapeut Chantelle Mouton se passie vir boerdery nie – soveel so dat sy onlangs haar eerste Bonsmara-stoetbul kon aankoop en ook haar vragmotorbestuurderslisensie gekry het.
Chantelle is in Windhoek gebore en het ook in die hoofstad grootgeword, waar sy die Primêre Skool Elim bygewoon en haar hoërskoolloopbaan by Sekondêre Skool Delta voltooi het.
Nadat sy haar skoolloopbaan voltooi het, het sy skoonheidsterapie by die Beauty Therapy Institute studeer. Sy volg tans ook ‘n loopbaan as ‘n skoonheidsterapeut, terwyl sy deeltyds boer.
Chantelle sê haar ouers was baie streng in haar grootwordjare.
“Ek wou hulle nooit teleurstel nie. Vanaf ‘n vroeë ouderdom is ek geleer om hard te werk en onafhanklik te wees.
“My ouers het my toegelaat om my eie besluite te neem en danksy die manier waarop hulle my grootgemaak het, het ek ‘n verskeidenheid van vaardighede aangeleer, wat gemaak het dat ek net nóg meer wou leer,” het sy gesê.
PASSIE
Chantelle vertel sy het op die ouderdom van 21 ‘n passie vir boerdery ontwikkel.
Sy sou naweke saam met haar ouers plaas toe gaan. Haar pa is op ‘n plaas gebore en het daar grootgeword.
Nadat haar pa sy eie plaas gekoop het, het hulle as familie almal in landbou betrokke geraak.
“Ek onthou eenkeer, toe ons na ‘n Bonsmara-veiling gegaan het wat deur dr. Joggie Briedenhann aangebied is – dit was ongelooflik om die gehalte en kondisie van die Bonsmara-beeste te sien.
“Dit was fassinerend om te sien hoeveel hy in die Bonsmaras belê het en die opbrengste wat dit lewer,” het Chantelle gesê.
Sy het bygevoeg dat hierdie veiling as haar inspirasie gedien het. Ná dit het haar pa ‘n bul en ‘n paar verse gekoop en dis waar sy geleer het om met beeste te boer – op die ou, tradisionele manier. Sy het ook reeds ‘n paar landboukursusse bygewoon, soos byvoorbeeld een oor plaasbestuur deur Agra-Provision.
Een van die uitdagings wat Chantelle tot dusver die hoof moes bied, was die Covid-19-pandemie. Sy sê die afgelope twee jaar was baie uitdagend – vir haar besigheid, maar ook vir haar as persoon.
Sy het dit oorkom deur daarop te fokus om aan haarself “persoonlike tyd” te gee.
“Ná ‘n hewig storm, skyn daar ‘n reënboog,” sê sy.
Mouton sê oor die volgende vyf jaar wil sy suksesvol op haar eie plaas boer en ‘n bestaan van die plaas af kan maak.
“Ek wil ander jongmense inspireer om ook in die landboubedryf betrokke te raak,” het Mouton gesê.
Haar raad aan jongmense is dat jy altyd ‘n leerling moet wees en om jou drome na te volg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie