Vars aarbeie te kies en te keur
Jemima Beukes – Ná 12 maande se gesukkel om die aarbeisade uit Europa na Namibië in te voer, het Ettiene Botes en sy vrou, Jeanine, daarin geslaag om met hul boerdery te begin.
Hulle moes in die tussentyd ander plante plant om hul kostes te kan dek.
Ettiene sê hulle beoog om die markleier in Namibië se aarbeibedryf te word en is reeds in die proses om ’n paar jong plaaslike boere te mentor.
“Ons sal binnekort daar wees. Ons het reeds ’n goeie mark in Europa verseker, al is ons eintlik net ’n druppel in die emmer. Ons voorspelling is om tussen 8 000 en 10 000 aarbeibakkies te kan vul. Die prys is regtig baie goed,” het hy gesê.
Terwyl hulle verwag om drie keer meer deur uitvoere te genereer as wat hulle plaaslik sal kry, wil hulle ook die plaaslike gemeenskap bedien. Daarom het hulle besluit om die plaas vir die publiek oop te stel om self die aarbeie op ’n prettige manier te kan pluk.
Ettiene, wat die boerdery Strawberry and Flower ’n klipgooi suid van die Omeya-gholflandgoed bestuur, sê sy droom was nog altyd om met aarbeie te boer. ’n Bestuurder van die Polkadraai Strawberry-plaas in Stellenbosch, Suid-Afrika, het hom aangeraai om sy droom te volg.
Hy het destyds daarin geslaag om ’n stuk grond in Pretoria te bekom en sy planne was om met ’n aarbeiplaas te begin.
Sy planne het nie uitgewerk nie, want hy was terselfdertyd besig met ander sakebelange.
Hy het uiteindelik na Namibië teruggekeer en die grond waar hulle tans boer, was beskikbaar.
“Dit is reg langs ons huis in Omeya en ek het gedink ek kan dit seker deeltyds doen. Ek het gou besef dit is nie iets wat net deeltyds gedoen kan word nie.
Dit is hier waar die variant ook ’n rol speel, die regte variant. Ons het ’n variant gekry wat baie goed in hierdie strook werk, want dit is koud in die aand en warm gedurende die dag, en dit is presies wat ’n aarbeiplant nodig het,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie