Vee- en wilddiefstal verswelg Namibië
Teenstropingseenhede kan nie voorbly nie
Veral vanaf verlede week het diefstal van vee, wild en infrastruktuur op plase opnuut toegeneem – met 'n kenner in die bedryf wat sê daar is geen einde aan dié probleem nie.
Vee- en wilddiefstal verswelg Namibië
Die diefstal van wild, vee en ander infrastruktuur op plase is besig om handuit te ruk en ingryping is dringend nodig, meen kenners in die bedryf.
Die afgelope naweek is 11 verdagtes op Karibib aangekeer – vier vir die steel van beeste, drie vir gesteelde koperdrade en nog vier wat vermoedelik bokke gesteel het.
Daarbenewens is ’n kameelperd op ’n plaas naby Grootfontein gestroop en die afgelope week wild langs die Wilhelmstal-Karibib-pad.
Die polisie op Grootfontein het ook ’n sonpomp, wat vermoedelik gesteel is, in verdagtes se besit gevind, terwyl nog ’n boer op Leonardville vertel dat hy verlede maand in een nag 80 skape verloor het en daarna nog vier speenkalwers.
“Ons kry nie rus nie, ek het my magte al verdriedubbel. Die probleem ruk handuit,” het mnr. Rickus Spangenberg se K9-teenstropingseenheid gister aan Republikein vertel.
Hy was betrokke in die aankeer van die diewe op Karibib die afgelope naweek.
“Ek is drieuur Saterdagoggend geroep toe daar koperdrade op ’n myn gesteel is. Ons was nog besig om die koperdiewe te soek wat weggehardloop het, toe kry ons ’n taxi wat teen ’n draadheining staan. In die taxi het ons ’n gesteelde bees gevind.
“Terwyl ons besig was met dié saak, toe kom daar ’n boer by die polisiekantoor aan wat sê 12 van sy bokke is gesteel. Ons het hom gehelp en kon sewe van die bokke terugvind,” het Spangenberg vertel.
“In nog ’n voorval het ’n plaaswerker sy werkgewer se beeste geslag en in leë dreine weggesteek. ’n Boer uit die Abenab-omgewing het my selfs gebel oor 100 van sy skape wat weg is.
“Ek weet nie waarheen gaan ons hiermee nie. Die probleem eindig net nie en die hele land word geraak. Ons teenstropingseenheid werk al op Gobabis, Aranos, ek het ouens in die Khomas Hochland en op Okahandja.
“Van verlede naweek af gaan dit veral erg. Net op die Wilhelmstal-Karibib-pad, het hulle vier of vyf wildsbokke van die hoofpad af geskiet. Baie boere rapporteer nie eens meer die veeverliese nie. Waarheen gaan dit? Ons regering sal moet ingryp, want ons kan nie voorbly nie,” het Spangenberg gesê.
“Is dit hongersnood, werkloosheid of gierigheid? Ek weet nie, ons weet nie hoe om dit te stop of wat ons kan maak nie,” het hy gesê.
Op Grootfontein het stropers op die vlug geslaan toe die plaaseienaar hulle bykans betrap het, waar hulle besig was om ’n kameelperd op sy plaas te slag.
In nog ’n voorval het ’n boer verlede week van sy gesteelde beeste teruggevind, maar die beeste se oorplaatjies en brandmerk is vervang – met die van die vermeende dief s’n. Die boer moes ’n manier vind om te bewys dat dit sy beeste is – en kon dit gelukkig doen omdat hy tatoeëermerke in die beeste se ore gemaak het.
Dit volg nadat ’n studie onlangs aangedui het dat Namibiese boere verlede jaar alleen N$14,7 miljoen aan veediefstal verloor het, N$22,5 miljoen aan roofdiere asook N$9,4 miljoen aan gesteelde infrastruktuur op plase.
Die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, mnr. Piet Gouws, het tydens die unie se afgelope jaarkongres gesê hierdie grens aan “ekonomiese sabotasie en vereis drastiese optrede, nie net van die polisie nie, maar ook justisie en die regstelsel in geheel.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie