No Image Caption

Veeartsenygrens tussen Namibië, Angola ter sprake

NCA-inwoners wil Rooilyn laat verskuif
Die regering het in veewaardeketting-infrastruktuur in die NCA belê om die ekonomiese potensiaal vir veral landelike gemeenskappe en sy produsente te ontsluit.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – Die ministerie van landbou, water en grondhervorming beoog om in hierdie boekjaar ’n haalbaarheidstudie van stapel te stuur vir die vestiging van ’n veterinêre versperring op die grens tussen Namibië en Angola.

Dit om doeltreffend te voorkom dat bek-en-klouseer en longsiekte (CBPP) die noordelike kommunale gebiede binnekom. Namibiërs noord van die veeartsenykordonheining – ook bekend as die Rooilyn – wie se vleis nie suidwaarts oor die lyn geneem mag word nie, stel lankal voor dat die heining eerder na die grense met Angola verskuif moet word. Meer as 1,1 miljoen beeste is teen CBPP ingeënt en meer as 500 000 beeste is gedurende die 2022-’23-boekjaar in die noordelike kommunale gebiede (NCA) teen bek-en-klouseer ingeënt.

Dit as gevolg van die ministerie se spoedige reaksie op verskeie uitbrekings van veesiektes.

Anna Shiweda, adjunk-landbouminister, het dit in haar begrotingsmotivering gesê en bygevoeg dat die veebedryf steeds een van die hoekstene vir die meerderheid Namibiërs se lewensbestaan is.

Deur Namibië se doeltreffende veeartsenydienste verseker die land marktoegang vir sy beesvleisprodukte om na nismarkte soos die Verenigde State, China, Noorweë en die Europese Unie (EU) uitgevoer te word, het sy gesê.

“Die regering het eweneens in veewaardeketting-infrastruktuur in die NCA belê om die ekonomiese potensiaal vir veral landelike gemeenskappe en sy produsente te ontsluit.”

ONGEëWENAAR

In dié verband het die Katima Mulilo-abattoir weer in 2021 operasioneel geword en – vir die eerste keer in Namibië se geskiedenis – het beesvleisprodukte van die NCA streekmarkte soos Ghana, Angola en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) bereik onder kommoditeitsgebaseerde handel en “met ongeëwenaarde kwaliteit en veiligheid”, het sy gesê.

Vir die 2023-’24-boekjaar sal die ministerie fokus op die verkryging van verskeie dosisse entstowwe, en jaarlikse inentingsveldtogte en plaasinspeksies onderneem volgens die beste internasionale standaarde, het Shiweda gesê.

[email protected]

Die ministerie sal ook diagnostiese materiaal aanskaf en die instandhouding van die sentrale veeartsenylaboratorium ondersteun, het sy opgemerk.

Intussen, volgens die adjunkminister, sal 'n haalbaarheidsassessering vir die uitbreiding van die Vlak 3- bioveiligheidlaboratorium by die sentrale veeartsenylaboratorium ook onderneem word vir die vestiging van kapasiteit vir plaaslike entstofproduksie in die toekoms.

Verder sal die bou van- en opknappings by veeartsenyklinieke begin om uiteindelik aan die vereistes van die veterinêre raad te voldoen, en vir doeltreffende lewering van veeartsenydienste in verskeie streke van die land.

Shiweda het bygevoeg die beesvleiswaardeketting sal in die NCA ontwikkel word om die ingebruikneming van abattoirs moontlik te maak, terwyl konstruksie by die Ongwediva-vleisverwerkingsaanleg voltooi sal word.

Die voorgestelde totale begroting vir die ministerie van landbou, water en grondhervorming is N$1,75 miljard.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!