Veertien beeste in vyf maande gesteel
Boer op Grootfontein erg geteister
Buiten dat veediewe hom voortdurend teister, is die bejaarde mnr. Arnold Huber ook al op sy plaas aangeval en moet hy kort-kort veediewe agterna sit.
Veediewe het die afgelope Maandag die 14de bees in vyf maande op mnr. Arnold Huber se plaas Otjirukaku in die Grootfontein-distrik geslag.
Dié keer het hulle sommer oor middagete opgedaag.
Intussen is ’n beloning ook aangebied vir enige een wat inligting kan verskaf wat tot die suksesvolle inhegtenisname van die verdagtes sal lei.
Huber, wat onder ‘n vlaag van misdaad op sy plaas teen die B8-pad tussen Grootfontein en Otavi deurloop, is ook op Kersdag in 2020 op sy plaas aangeval.
Láát verlede jaar was daar ook ‘n voorval waar vermeende veediewe met ‘n geslagte bees in hul besit betrap is. Een verdagte is tydens die voorval met 'n jaggeweer raakgeskiet toe daar op sy motor se wiel geskiet is en die koeël die motor binnegedring het.
Huber vertel in die jongste voorval het die veediewe een van sy tollies oor ‘n lang afstand na hul gestelde strikke toe gejaag, vanaf ‘n pos tot teenaan die pad waar hulle draadstrikke gestel het.
“Dit maak dit makliker vir hulle om die vleis na die pad toe aan te dra,” het hy vertel.
“Dis die 14de bees wat sedert einde September [by my] geslag word,” het Huber gesê.
Hy het ’n foto waarop twee mans verskyn en hy hoop iemand sal hulle herken en hom kontak, want hy glo dit kan lig werp op die ondersoek.
Huber sê hulle het Maandag die plek gevind waar die vermeende veediewe langs die pad weggekruip het om vir vervoer te wag.
“Twee mense het weggehardloop toe ons naby aan dié plek kom,” het hy gesê.
Huber se plaas is digby die John Pandeni-navorsingsplaas geleë. Boere in die gemeenskap sê talle werklose mense “hang doelloos op die staatseiendom rond” en meen sommige kriminele aktiwiteite spruit hieruit.
Enigeen met meer inligting oor die voorval, kan 081 811 4978 skakel.
AGTERGROND
Einde November verlede jaar het Huber ook vermeende veediewe op sy plaas agternagesit, wat met ‘n geslagte bees wat aan Huber behoort, in hul voertuig betrap is.
Volgens gerugte en foto's van die voorval wat in die sosiale media versprei is, is daar onder meer 'n geslagte bees in ‘n 23-jarige verdagte en sy passasier se besit gevind. Die 23-jarige is in die linkerbeen gewond toe daar met 'n jaggeweer op sy motor geskiet is en die koeël die motor binnegedring het.
Drie mans het Huber ook op Kersdag in 2020 op sy plaas aangeval waartydens een van hulle noodlottig gewond is tydens ‘n struweling met ‘n geweer.
Dit het gebeur nadat iemand vreemde mans op die plaas gewaar en Huber daarvan in kennis gestel het. Hy het gaan ondersoek instel en drie mans met ‘n waterkan teëgekom. Die mans het gesê dat hulle water vir hul voertuig gesoek het wat glo onklaar by die hoofpad gestaan het.
Met die aankoms by die hoofpad, was daar egter geen voertuig te sien nie en toe Huber hulle vra waar die voertuig is, het die drie hom aangeval om hom van sy jaggeweer te beroof. ‘n Worsteling het ontstaan en ‘n skoot het afgegaan, waartydens een van die mans noodlottig in die bobeen gewond is.
Huber is vermoedelik met ‘n houtvoorwerp oor die kop geslaan en sy neus en kakebeen was gebreek. Sy kinders het hom bewusteloos asook die oorledene op die toneel gevind, maar die ander mans en sy .308-jaggeweer was spoorloos.
Die verdagtes is intussen aangekeer en is verhoorafwagtend.
Die jaggeweer is ook teruggevind en tans in die polisie se besit. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie