Op internasionale vlak was die inflasie op voedsel egter 28,2% - die hoogste syfer in tien jaar.  FOTO PIXABAY
Op internasionale vlak was die inflasie op voedsel egter 28,2% - die hoogste syfer in tien jaar. FOTO PIXABAY

Verbruikers dok meer op vir olie, vleis

Elvira Hattingh
Die voedselprys in Namibië het tussen 2020 en 2021 met 6,1% toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van ‘n verhoging in die prys van olie en vette, vleis asook brood en grane.

Volgens ‘n kwartaallikse verslag deur die Namibië Landbou-unie (NLU) se me. Bertha Ijambo, is die rede hiervoor dat bogenoemde voedselgroepe se jaar-op-jaar pryse met onderskeidelik 13,8%, 13,3% en 3,2% toegeneem het.

“’n Tekort in die verskaffing van vleis in die plaaslike en Suid-Afrikaanse mark het die sterk inflasie op vleis veroorsaak,” het sy verduidelik.

Dit is die hoogste inflasiesyfer vir die afgelope vier jaar, alhoewel die inflasiekoers op kos tussen 2012 en 2016 veel hoër vlakke bereik het.

INTERNASIONAAL

Op internasionale vlak was die inflasie op voedsel egter 28,2% – die hoogste syfer in tien jaar.

“Die nasionale voedselindeks van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) het gespring van 98,1 basispunte in 2020 tot 125,8 in 2021,” het sy gesê.

Volgens haar het ’n 65,8%-prysverhoging in groente-olies dit hoofsaaklik veroorsaak, wat vererger is deur die onderbreking in die produksie van oliesade en gepaardgaande hoë vraag daarna as voorraad vir bio-brandstof.

Terselfdertyd het die prys van suiker jaar-op-jaar met 37,5% gegroei.

“Grane het ook ‘n bydrae gelewer toe dit in 2021 met meer as 27,2% gestyg het – hoofsaaklik as gevolg van prysverhogings in mielies en koring. Die inflasiekoers op grane was die hoogste sedert 2012.

“Vleispryse het met ‘n gemiddeld van 12,9% in 2021, jaar-op-jaar verbeter,” het sy gesê.

Ijambo sê Covid-19-regulasies, soos die sluiting van grense en inperkings, asook ‘n veranderende vraag na voedsel aangesien mense ‘n swak koopkrag getoon het nadat talle hul werk verloor het, het die prysverhogings veroorsaak. Bykomende faktore is weerstoestande in sleutelproduksiegebiede.

“Al hierdie faktore het die internasionale verskaffing van kommoditeite omvergegooi,” sê sy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!