Verkryging van landbougrond deur Namibiese burgers

Grondbesit
Advokaat Peet Harmse van Harmse Legal Practitioners in Okahandja bespreek en ontleed wetlike bepalings en verwante onderwerpe in Agri Monitor soos relevant vir Namibiese boere en die boerderybedryf. Weens beperkte spasie kan die kwessies onder bespreking nie in besonderhede behandel word nie. Daar sal gepoog word om die beginsels van sekere bepalings te verduidelik. Harmse spesialiseer in die opstel, hersiening en interpretasie van wetgewing en word deur die Regsvereniging van Namibië gemagtig en gereguleer.
Francoise Steynberg
In die lig daarvan dat ’n nuwe konsepwet op grondbesit voorberei is om die Wet op Kommersiële Landbougrondhervorming van 1995 te vervang, is dit opnuut nodig om te kyk na die verkryging van landbougrond deur Namibiërs.

’n Bepaling van die Namibiese Grondwet wat skynbaar van meet af verkeerd geïnterpreteer is in soverre dit die verkryging van landbougrond in Namibië deur Namibiese burgers betref, is subartikel (1) van artikel 16.

Die subartikel bepaal in wese dat alle persone die reg het om in enige deel van Namibië alle vorme van onroerende en roerende eiendom te verkry, te besit en van die hand te sit, individueel of saam met ander persone, en om hul eiendom te bemaak aan hul erfgename.

Die subartikel het dan ’n voorbehoudsbepaling dat die parlement na goeddunke by wyse van wetgewing die verkryging van eiendom deur nie-Namibiese burgers kan verbied of reguleer.

Die voorbehoudsbepaling is ’n uitsondering op die algemene beginsel in die subartikel dat alle persone die reg het om in enige deel van Namibië alle vorme van nie-roerende en roerende eiendom te verkry, te besit en van die hand te sit, en die subartikel is onderhewig aan die voorbehoudsbepaling.

Daar is ’n reël in die interpretasie van wette dat indien een ding ingesluit is in ’n wetsbepaling, is dit wat uitgesluit is nie deel van die wetsbepaling nie. Met ander woorde: die feit dat net persone wat nie-Namibiese burgers is genoem word in die voorbehoudsbepaling (en dat Namibiese burgers nie genoem word nie), beteken eerstens dat die voorbehoudsbepaling nie van toepassing is op Namibiese burgers nie. Tweedens hou dit in dat wette van die parlement nie die verkryging van grond deur Namibiese burgers kan verbied of reguleer nie – dit kan net die verkryging van grond deur nie-Namibiese burgers verbied of reguleer.

Die effek van die voorbehoudsbepaling, veral na aanleiding van die reël hierbo genoem, is dus dat die parlement nie wette kan maak wat die verkryging van grond deur Namibiese burgers verbied of reguleer nie, maar slegs wette wat die verkryging van grond deur nie-Namibiese burgers verbied of reguleer.

Artikel 17(1) van die Wet op Kommersiële Landbougrondhervorming van 1995 bepaal in wese dat die staat behoudens subartikel (3) daarvan ’n voorkeurreg het om landbougrond te koop wanneer ookal enige eienaar daarvan van plan is om die grond te vervreem; en die eienaar van die betrokke grond dit aan die staat te koop moet aanbied en ’n sertifikaat van afstanddoening moet bekom voordat die eienaar die grond mag vervreem.

Só gesien en toegepas op die wet is artikel 17 en ander verwante artikels daarvan ongemagtig en ongrondwetlik in soverre dit behels en vereis dat eienaars van landbougrond in Namibië wat dit wil vervreem aan Namibiese burgers, dit ook aan die staat moet aanbied en ’n sertifikaat moet bekom voor vervreemding. Met ander woorde, indien die verkryger (koper) van landbougrond ’n Namibiese burger is, behoort die betrokke grond nie aan die staat aangebied te word nie, want sulke gevalle van verkryging is per die voorbehoudsbepaling van die subartikel vrygestel van aanbied aan die staat en die verkryging van ’n sertifikaat.

In hierdie opsig diskrimineer artikel 17 van die wet en ander verwante artikels dus teen Namibiese burgers wat landbougrond wil verkry, en is as sodanig ongrondwetlik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13906.42 Up +0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9624.48 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.57/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13906.42 Up +0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9624.48 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.57/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007