quarentine facilities
quarentine facilities

Vervalle kwarantyngeriewe belemmer dienslewering

Net een uit 13 boorgate werk
Buiten om diere gesond te kry, is geen pogings glo by die fasiliteite aangewend om die kwaliteit van lewende hawe wat vir die abattoirs bestem is, te verbeter nie.
Henriette Lamprecht
Ellanie Smit – Die Eloolo-abattoir in Oshakati is gesluit, Meatco het uit die noordelike kommunale gebiede (NCA’s) onttrek, die kwarantyngeriewe by Omutambo Maowe is vervalle en veeboere in Kunene, Omusati en Oshana kan reeds vir meer as 11 jaar nie slagdiere verkoop nie

Luidens ’n petisie deur die burgerlike organisasie Lisha Empowerment and Development is die kwarantynfasiliteite reeds vir byna 12 jaar nie in staat tot doeltreffende dienslewering nie weens vervalle infrastruktuur. Uit die 13 boorgate wat vroeër by die geriewe geïnstalleer is, is net een sedert September verlede jaar in ’n werkende toestand. Die een boorgat word gebruik om draagbare water aan inwonende werknemers se huishoudings te verskaf. Die ander 12 is óf onherstelbaar beskadig, heeltemal verrot óf verwyder.

Luidens die petisie wat vra vir die herstel van die mark in die NCA’s, was die geriewe in Julie 2022 ook sonder krag. Volgens die werknemers is die kragopwekker wat voorheen geïnstalleer is reeds die afgelope agt jaar stukkend en nooit herstel nie.

Die kamp op die plaas Omutambo Maowe van 24 000 hektaar waar vee aangehou word, se heinings is op verskeie plekke onvoltooid met pale of draad wat weg is. Buiten om diere gesond te kry, is geen pogings volgens die petisie by die fasiliteite aangewend om die kwaliteit van lewende hawe wat vir die abattoirs bestem is, te verbeter nie.

“Dit verduidelik waarom die plaaslike abattoirs oor die jare voortgegaan het om diere wat in ’n swak kondisie is, te ontvang – wat lei tot die swak gehalte van vleisprodukte en geen volhoubare markte nie.”

Volgens die petisie het die Super Group of Companies in 2018 ’n formele voorlegging gedoen om verligting vir die situasie te bied deur die plaas teen N$120 000 te huur en die nodige opknappings te doen. Hy het ook aangebied om die hervatting van vee-aankope te finansier, om 100 stoetbulle per jaar te produseer en dit gratis onder boere uit te deel as ’n langtermynbelegging vir genetiese verbetering asook om ’n skool en kliniek te bou. Die voorlegging is egter glo vir drie jaar geïgnoreer en teen Mei 2022 het die groep vir Lisha opdrag gegee om dit op te volg. Die ministerie het die aanbod van die hand gewys en Lisha is aangesê om ’n ondersoek ter plaatse te doen. Kwarantyndienste vir die betrokke streke val onder die jurisdiksie van die direktoraat van veeartsenydienste. Die Eloolo-abattoir en die Outapi-abattoir is op die been gebring om volhoubare marktoegang te verseker vir die slag van vee wat by boere in die streke gekoop is. Die fasiliteite en die abattoirs val onder die ministerie van landbou, water en grondhervorming.

Luidens die petisie vereis ’n volhoubare mark vir lewende hawe in die NCA’s vier duidelike ingrypings. Dit sluit in doeltreffende kwarantyndienste om die verkryging van gesonde vleisprodukte moontlik te maak en ’n doeltreffende program wat vooraf gevolg word om die kwaliteit en gewig van slagdiere wat aan abattoirs verskaf word, op te gradeer.

Dit het ook doeltreffende abattoirs nodig om te verseker dat die slag van diere en vleisverwerking voortgaan en dat die kwaliteit van vleisprodukte voldoen aan standaarde van plaaslike en internasionale markte.

Verder moet ’n doeltreffende program geïmplementeer word wat poog om genetiese verbetering van plaaslike vee te bereik as ’n strategiese langtermynbelegging vir die sektor.

Die petisie is deur die Speaker, prof. Peter Katjavivi in die Nasionale Vergadering voorgelê en is tydens ’n openbare verhoor deur die parlementêre staande komitee oor die ekonomie en openbare administrasie bespreek.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° #VALUE! #VALUE!