Vleisinvoer uit Duitsland gestop
Van toepassing op diere met gesplete hoewe
Duitse owerhede het op 10 Januarie 'n uitbreking van bek-en-klouseer by waterbuffels in Hönow naby die Berlynse grens bevestig.
Namibië het by die Verenigde Koninkryk (VK) en Suid-Korea aangesluit deur die invoer en vervoer van lewende diere met gesplete hoewe en sekere verwante produkte uit Duitsland te verbied.
Dit kom ná ’n bevestigde geval van bek-en-klouseer naby Berlyn in die Brandenburgstreek.
Duitse owerhede het op 10 Januarie ’n uitbreking van bek-en-klouseer – ’n hoogs aansteeklike virussiekte van beeste, skape, varke en ander diere met gesplete hoewe – by waterbuffels in Hönow naby die Berlynse grens bevestig.
Volgens Namibië se waarnemende hoof van veeartseny, dr. Johannes Soopala, het die direktoraat veeartsenydienste maatreëls met onmiddellike effek ingestel om die dieregesondheidstatus van Namibië te beskerm.
Hy het gesê dat die invoer en vervoer van verskeie kommoditeite opgeskort is en alle voorheen uitgereikte invoerpermitte daarvoor herroep is.
Dit sluit in vars en gevriesde vleis asook vleisprodukte van diere met gesplete hoewe, ongepasteuriseerde melk en melkverwante produkte, lewende diere met gesplete hoewe, onbehandelde velle, hare en trofeë van diere met gesplete hoewe.
Shoopala het ook daarop gewys dat kommoditeite wat deur ’n veterinêre invoerpermit gedek word, ingevoer mag word mits dit veilig is en aan die aanbevelings vir invoere van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid voldoen.
Dit sluit in verwerkte produkte van diere met gesplete hoewe, gepasteuriseerde melk, verwerkte of behandelde velle, hare en trofeë van diere met gesplete hoewe sowel as verwerkte en behandelde vleis en vleisprodukte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie