Voedseltekorte wink vir Namibië
Min reënval landswyd
'n Verslag maan Namibië gaan in alle waarskynlikheid wydverspreide mislukte oeste ervaar, wat ernstige voedseltekorte tot gevolg sal hê.
Aanduidings is dat Namibië ernstige voedseltekorte gaan ervaar, veral in stapel graangewasse, en voedselinvoer van buite die land se grense gaan nodig wees om in die aanvraag te voldoen.
“Ongelukkig het ons bure op wie ons gewoonlik staatmaak ook ondergemiddelde reënval gehad, wat hul graanproduksie aansienlik verminder het,” sê die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein.
Die gevolg is dat Namibië graangewasse van ander bronne buite die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) sal moet invoer.
“Dit beteken weer die huishoudelike kosmandjie kos ’n klomp geld vir plaaslike verbruikers,” sê die minister. Schlettwein was aan die woord tydens die ministerie se jaarlikse beplanningswerkwinkel vir die 2024-’25-finansiële jaar.
Volgens hom plaas Namibië se groeiende bevolking ook druk op hulpbronne soos grond, landbou en water. Die land se bevolking het sedert onafhanklikwording van 1,4 miljoen tot 3,3 miljoen gegroei.
“Dit gaan in die toekoms moeiliker eerder as makliker raak omdat die hulpbronne, hetsy grond vir landbou of water, nie vermeerder het nie.”
Volgens Schlettwein is dit algemene kennis dat sowat 70% van die plaaslike bevolking direk of indirek van landbou afhanklik is vir hul lewensbestaan.
Die minister het die impak van vanjaar se ondergemiddelde reënval en wisselvallige reënvalpatrone beklemtoon wat veral in die landbousektor gevoel gaan word – ’n lewensaar en steunpilaar vir die meerderheid van die bevolking.
“Dit is net nog ’n manifestasie van die werklikheid van klimaatsverandering en die verskynsel van klimaatveranderlikes wat ons vra om ons landbouproduksiestelsels en -strategieë wat op besproeiing fokus, te heroorweeg.”
Regeringsprogramme soos die produksieprogramme vir droëlandgewasse is totaal afhanklik van seisoenale reënval en staar ernstige struikelblokke in die gesig.
“Dit is daarom duidelik dat hierdie ongunstige klimaatstoestande ons kapasiteit verminder om voedselproduksie te verhoog en ons vermoë tot nasionale voedselsekuriteit beperk.”
Schlettwein sê dit kniehalter ook die ministerie se pogings om die nasionale doelwit vir die selfvoorsiening van voedsel te verwesenlik.
Vanjaar se verslag oor oesvooruitsigte, voedselsekuriteit en die droogtesituasie waarsku dat Namibië met alle waarskynlikheid wydverspreide mislukte oeste sal ervaar, wat ernstige voedseltekorte tot gevolg sal hê.
“Die situasie is net nog ’n wekroep vir ons as ’n land om ons voedselproduksiestelsels te hersien en met innoverende, klimaatslim strategieë vorendag te kom wat die landbousektor meer bestand maak teen die impak van klimaatsverandering en wisselvallige klimaat.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie