Vraagtekens oor bestuur van groenskemas
Die parlementêre staande komitee oor hulpbronne sê die regering se groenskemas is nie optimaal opgestel om kommersieel te funksioneer nie, terwyl diefstal en wanbestuur die blaam dra vir die mislukking van die skemas.
Die bevindinge is vervat in ’n verslag wat volg op die komitee se besoek aan die regering se groenskemas in Kavango-Oos en -Wes, sowel as Zambezi.
“Die private groenskemas kan vrylik bedryf word, inisiatief neem en ervaring gebruik om produksie te verhoog. Dit terwyl dié van die regering onderworpe is aan ’n nie-funksionerende burokratiese stelsel wat deur Agribusdev se verkeerde sakemodule ingestel is sonder die nodige oorweging van die gevolge van hul optrede of die feit dat hulle nie optree nie,” lui die verslag.
Die komitee het bevind dat die groenskemas met foutiewe implemente en toerusting bedryf word met geen instandhoudingsplanne wat in plek is nie.
Besluite word deur die ministerie van landbou, water en grondhervorming geneem sonder om die plaasbestuurders van die groenskemas te raadpleeg. Dit terwyl die toekenning van fondse aan die skemas inkonsekwent is en daar vertragings in die betaling van dienste soos water- en kragrekeninge is.
Die verslag verwys ook na 'n gebrek aan kommunikasie en koördinasie tussen die betrokke rolspelers wat die skemas bedryf.
Om die tekortkominge teë te werk, is aanbeveel dat daar aan ’n nuwe strategie gewerk word wanneer die betaling van die hoë aanvraagkoste aan die noordelike kragverspreider (Nored) hanteer word en die gereelde betaling van rekeninge om die ongereelde finansiering wat die groenskemas ervaar en vertragings in die betaling van rekeninge te takel, aangesien dit bedrywighede ernstig raak.
Die komitee stel ook voor maatreëls word in plek gestel om te verseker dat bates by alle groenskemas geboekstaaf word deur ’n jaarlikse voorraadopname te begin, plaastoerusting in stand gehou word en ’n nuwe sakemodel van gesentraliseerde bedrywighede van groenskemas aanvaar word.
Dit stel verder voor dat markte vir die skemas se produkte verseker word, terwyl die hoë vervoerkoste na Agro Marketing and Trade Agency-spilpunte gesubsidieer word.
’n Voorlegging wat aan die kabinet gemaak is, toon ook dat Agribusdev nie die groenskemas voldoende bestuur nie en dat dit nie na wense presteer nie.
Die regering oorweeg nou om sy groenskemas as deel van ’n openbare-private-vennootskap te bedryf.
“Alle aanduidings is dat die sakemodel waaronder Agribusdev die groenskemas bestuur het die hoofoorsaak is van daardie onderprestasie.
“Plaasbesluite en bedryfskwessies word met groot vertragings by hoofkantoor beslis. Finansiële besluite van hoofkantoor het die skemas daarvan ontneem om vereiste insette betyds of hoegenaamd te kry,” lui ’n brief aan die kabinet.
Die ministerie van finansies en staatsondernemings het toe vir verdere studies gevra – een deur Deloitte, ’n tweede deur die Nasionale Beplanningskommissie en ’n derde deur die Bank of Namibia – oor die lewensvatbaarheid van Agribusdev se sake en waarmee al drie fout gevind het met die semistaatsinstelling se ondoeltreffende bestuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie