Vroue-afslaer se droom bewaarheid

Die 19-jarige Annette Steyn wat onlangs Namibië se tweede vroue-afslaer ooit geraak het en boonop ʼn goue sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Kollege vir Afslaers (Saca) ontvang het, sal binnekort by Agra as ʼn intern-afslaer aansluit.

Dit volg nadat ʼn artikel oor Steyn in verlede week se AgriMonitor verskyn het en Agra haar genader het. In verlede week se artikel het sy gesê haar droom is om eendag by Agra as ʼn afslaer by veeveilings te werk.

“Maandagmiddag het ons vir Paul Klein (hoof van veilings by Agra) op Stampriet ontmoet,” het haar pa, Pieter gister laat weet.

“Hy het met Annette gepraat en gesê sy moet Dinsdag by die losgoedveiling op Mariental wees, waar sy lotte opgeveil het saam met Agra se mnre. Jannie Louw en Fanie Cronje. Sy het ook die veilingrol gedra en boekgehou.

“Die afgelope Woensdag het sy toe ʼn aanbod van Agra ontvang.

“Sy gaan nou die plaaslewe van ʼn briljante voorman verruil vir die lewe van ‘n afslaer wat rondry en liggies sien,” sê haar trotse pa. Hy sê “dit help nie jy het die sertifikaat en jy kry nie ondervinding nie”.

Mariental se Sandri Steenkamp het in 2018 Namibië se heel eerste gekwalifiseerde vroue-afslaer geword.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!