Waterkrisis staar wêreld in die gesig
Agenda moet water insluit, sê Schlettwein
Die minister het gesê die wêreld staar 'n waterkrisis in die gesig aangesien klimaatsverandering 'n ernstige uitwerking op die watersiklus het.
Ellanie Smit - Die varswatersiklus staar wêreldwyd ’n krisis in die gesig – met rimpeleffekte vir voedselsekerheid, gesondheid en sanitasie en ontwikkeling as ’n geheel wat in gedrang kom.
Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het dit gesê by die Afrika-klimaatberaad wat vandeesweek in Kenia plaasgevind het, en bygevoeg die wêreld staan voor ’n drieledige krisis.
Hy het gesê die uitwerking van die klimaatkrisis is nou duidelik sigbaar met droogtes en vloede wat in intensiteit toeneem, storms wat buite seisoen voorkom, intense veldbrande, oorstromings, ongekende hittegolwe, gletsers wat smelt en stygende seevlakke.
Hy het gesê die wêreld staar ’n waterkrisis in die gesig aangesien al hierdie klimaatsveranderinge ’n ernstige uitwerking op die watersiklus het.
“Bowenal maak dit veilige watervoorsiening moeiliker, duurder en dikwels buite bereik vir ontwikkelende lande.”
Hy het gesê die klimaatkrisis-agenda fokus tans hoofsaaklik op versagting en aanpassing met betrekking tot koolstofvrystellings en koolstofneutrale industrialisasie.
Schlettwein het gesê hierdie agenda skiet tekort in die erkenning van die feit dat geen ontwikkeling moontlik is sonder water nie.
Hy meen die waterkrisis geniet nie die nodige aandag nie.
Schlettwein het voorts gesê die raamwerk van die klimaatveranderingsagenda moet dus aangepas word om water as ’n ewe deurslaggewende faktor in te sluit, wat die finansiering van die watersektor moet insluit.
FINANSIëLE KRISIS
“Tweedens het ons ’n finansiële krisis,” het die landbouminister gesê.
Die skuldkrisis, wisselkoerstendense en die uitbuiting van die finansiële reëls vuur tans ongelykheid aan en skep moeilike toekomsvooruitsigte vir ontwikkelende ekonomieë, het hy gesê.
Schlettwein het aangevoer dat Afrika die swaarste getref word deur druk wat met inflasie gepaardgaan – met voedsel- en brandstofpryse wat verby bekostigbare drempels vir groot dele van die bevolking styg.
Hy het gesê die leemtes in die vereiste finansiering om klimaatsverandering en verwante watersiklusaspekte te takel, bly aansienlik.
“Die US$30 miljard per jaar teen 2030 in bykomende finansiering vir watervoorsieningsekerheid en volhoubare sanitasie in Afrika kan gebruik word as ’n minimum maatstafsyfer, maar nog belangriker moet Afrika se welvaart die maatstaf word – dít is hoeveel nodig is om ’n welvarende Afrika te word.”
Schlettwein het gesê konkrete stappe wat onmiddellik gevolg moet word, kan wees om alle onwettige uitvloei heeltemal te stop, hetsy deur belasting of enige ander vorm van inkomste wat aan Afrika behoort wat uitgesmokkel word.
“Ons kan nie voortgaan om ons minerale, metale en ander natuurlike bates te verkoop vir dít wat ander bepaal nie. Ons moet ons biodiversiteitspotensiaal vir landbou en bewaring ontwikkel en ’n opbrengs genereer om welvaart te bereik.”
Schlettwein het bygevoeg beleggings in Afrika se groen industrialisasiegeleenthede soos groen waterstof, sonkrag en hidro-krag moet nié risiko’s inhou nie.
Hy het gesê Afrika betaal ’n premieprys om die risikofaktor – meestal vermeende risiko – te verwyder en gemiddeld ’n derde van die totale projekkoste kan beloop.
POLITIEKE KRISIS
“Derdens is ons in ’n politieke krisis met oorlog en groeiende politieke onstabiliteit.”
Hy het gesê die VN se multilaterale stelsel is ongelyk en dien nie meer sy doel nie – met die meerderheid van die wêreldburgers wat uit besluitnemingsprosesse gelaat word.
“Ons eie Afrika-unie (AU) het nie die beslistheid om kontinentale politieke onstabiliteit die hoof te bied nie.”
Schlettwein het gesê die finansiering van oorloë verkwis al die fondse wat nodig is om die klimaatsveranderingsagenda deur te voer.
“Geld word verkwis om menselewens en nodige infrastruktuur te vernietig en dit word weer vermors wanneer die vernietigende gevolge van gewelddadige konflik herbou moet word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie